(Jwplayer)

December 4, 2015

#FarmAttack: Afrikaner man, Theo Botha was attacked in his bed by at least 6 black attackers & shot in chest, Boschfontein



#StopWhiteGenocideInSA


Platinum Weekly Newspaper  — at Platinum Weekly Newspaper
Man geskiet by Boschfontein

Rustenburg – ‘n Man is Dinsdag, 1 Desember 2015 om omstreeks 00:25 in sy bed in ‘n luukse tentwoning op ‘n hoewe by Boschfontein geskiet. Dit is langs die Oorzaak-pad.

Sers. Ofentse Mokgadi, polisiewoordvoerder, het bevestig Theo Botha (in sy middel-40’s) het geslaap toe ‘n groep van vyf of ses verdagtes ‘n gat in die elektriese omheining gesny het. Botha is in die bors geskiet.

Botha is die verkoopsbestuurder van Innovative Mining en woon in Pretoria. Keith Jacobs, sy werkgewer, het aan Platinum Weekly gesê Botha – wat die afgelope ses jaar vir hom werk – slaap sowat drie aande per week in die tentwoning op die hoewe oor. Jacobs woon self ook op die hoewe en het twee skote gehoor. 

Hy het op Botha afgekom waar hy by sy (Jacobs) se huis inmekaar gesak het.
Jacobs het Donderdag, 3 Desember gesê Botha, wat hartprobleme het, sal Vrydag, 4 Desember teruggeneem word teater toe omdat sy een long platgeval het. Sy toestand het darem van kritiek verbeter na stabiel. Hy word in die Netcare Ferncrest hospitaal behandel.

Al wat vermis word is Botha se selfoon en skootrekenaar.
Mokgadi het gesê sovêr hy weet is geen wegkomvoertuig gebruik nie. Hierdie is die eerste voorval van dié aard in hierdie omgewing en niemand anders is tydens die voorval beseer nie.
Mokgadi het bevestig die polisie ondersoek ‘n klag van huisroof. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.
Photo 1
Hier het die booswigte die elektriese omheining gesny om toegang te verkry.
Photo 2
Die toneel waar Theo Botha geskiet is. https://facebook.com/story.php?story_fbid=812727952170143&id=365252713584338

■ UPDATE: Nuus oor Theo Botha van Rustenburg wat geskiet is. Ons is so dankbaar dat hy baklei het en oorleef...gebede en spoedige herstel.
Iskra Botha
was nounet by theo botha hy lyk goed...daar waar die koeel ingegaan het (vermoedelik 9 mm) het die koeel twee ribbes gebreek en agter uit weer 2 gebreek sy hele sy onder die skiet wond is donker pers amper swart van die slag en sy voete en vuiste is ook pers soos hy baklei het...hy se ook deur die hele gestoei het nie een van die manne n enkele woord gese nie ..hulle is weg met twee fone en twee laptops...hy lyk baie goed maar baie emosioneel en glo vas as hy nie terug baklei het nie was hy dood https://facebook.com/story.php?story_fbid=1270807639612445&id=116298045063416&fs=0

#StopWhiteGenocideInSA