(Jwplayer)

December 10, 2015

#FarmAttack: One black suspect arrested after an armed attack at a farm house at Vermeulenskraal Noord, in Virginia.


Nog 'n plaasaanval - Virginia (OVS) Niemand is gelukkig in die voorval beseer nie...
One suspect arrested after armed robbery at farm in Virginia
Thu, 10 Dec 2015
Virginia - One suspect was arrested by police in Virginia this morning after an armed robbery at a farm house at Vermeulenskraal Noord, in Virginia.
Police spokesperson Malebo Khosana says two unknown males allegedly approached a male farm labourer and requested employment.
He called the farm owner, Ronnie Nel who was inside the house. When he told them he didn't have any work for them, they drew their pistols and forced him back inside the house where his wife, daughter and domestic worker were.
They were all tied up with cable ties. The robbers eventually fled the scene with R300 in cash and two cell phones.
One of the suspects was arrested soon after by members of Welkom Flying Squad, who responded to an emergency call.
One CZ pistol, and the two cellphones were recovered. Police are looking for four more suspects believed to be involved in the robbery.
Anyone with information can call their nearest police station or 08600 10111.
(Source: News Release)
Opvolg: Jaco Breedt
Nuwe inligting: SAPD het bevestig dat 5 verdagtes betrokke was. Boere en Polisie patroleer die area en steeds opsoek na 4. https://facebook.com/story.php?story_fbid=1273612239331985&id=116298045063416&fs=0

UPDATE:
■ #FarmAttack: Update: Afrikaner Nel family: Second attack by black males in Virginia this year

Meisie (18) held in Vrystaatse plaasaanval
’n Tienermeisie van Virginia in die Vrystaat was vir die tweede keer vanjaar die held tydens ’n plaasaanval.
Cironka, 18, die dogter van Ronnie, 66, en Ciska Nel, 51, eienaars van die bekende hengeloord, Ron se Gat, het gesê sy moes Donderdagoggend kophou om weer gewapende rowers se planne te fnuik.
Twee mans het Donderdagoggend voorgegee dat hulle werk op die Nel-gesin se plaas buite Virginia soek. Haar pa, Ronnie, het hulle weggewys maar die volgende oomblik het hulle hom oorrompel en met ’n pistool gedreig.
Hy is die huis in gedwing waar die gesin se huiswerker met die pistool oor die kop geslaan is. Ronnie is vasgebind en in die sitkamer aangehou terwyl die ander rower vir Ciska na die slaapkamer gedwing het om die kluis oop te sluit. Nog mans het blykbaar die huis ingekom om die gesin te beroof.
Cironka was in haar slaapkamer en het gesien hoe die een man met haar ma in die gang af stap. Sy het haar kamerdeur saggies gesluit en onmiddellik haar selfoon gebruik om hulp op ’n WhatsApp-groep te ontbied en ook die polisie te bel.
Cironka het gesê sy wou met alles in haar uitgaan om haar ouers te gaan help, maar het besef sy moet eers kalm bly en hulp ontbied.
Een van die rowers het intussen aan Ciska gesê sy moet vir hulle koffie maak.
Cironka sê boere, die polisie en ander lede van die gemeenskap het baie vinnig op haar noodroep gereageer en binne minute was daar tientalle voertuie op die plaaswerf.
Cironka sê sy het uit die kamer gegaan en haar susterskind van twee jaar gegryp en weer in die kamer gewag omdat sy nie geweet het of daar ’n skietery gaan plaasvind nie.
Die rowers het met R300 en ’n selfoon op die vlug geslaan en een is in sy kuit gewond.
Op 25 Februarie vanjaar is die Nel-gesin in die nag oorval deur ’n bende gewapende rowers. Cironka het gehoor hoe die rowers in haar kamer in en uit beweeg en gemaak of sy slaap. Sy het haar selfoon se battery stilletjies uitgehaal omdat sy bang was hulle hoor as haar wekker lui. Sy sou baie vroeg die oggend opstaan om aan ’n atletiekbyeenkoms deel te neem.
Die Nel-egpaar is met elektriese koorde vasgebind voordat die rowers gevlug het. Vuurwapens, kontant, selfone, ’n Playstation, ’n rekenaartablet en Cironka se energie-aanvullings wat sy vir sport gebruik, is gebuit.
Twee weke gelede is die bekende Swalukrans-kruieplaas ook deur gewapende rowers geteiken en Sondagnag is ’n bewaarder by korrektiewe dienste in Virginia deur rowers oorrompel en twee minibussies is gesteel.
Die polisie kon in beide voorvalle van die skuldiges vastrek.
Deur Alet Van Der Walt.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/meisie-18-held-in-vrystaatse-plaasaanval-20151210

#StopWhiteGenocideInSA