(Jwplayer)

December 2, 2015

#FarmAttack: Survives: Elderly farmer brutally attacked on his farm in Hamelkop. Black attackers still at large



GROOT-BRAKRIVIER NUUSFLITS - Die Groot-Brakrivier polisie soek steeds na ‘n verdagte nadat ‘n bejaarde inwoner van ‘n plaas op Hamelkop buite Klein-Brakrivier by sy woning aangeval is.
Die man se tuinier het op 1 Desember ‘n oproep na ‘n inwoner van Groot-Brakrivier gemaak, en gesê dat die slagoffer in die huis lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar die beseerde man aangetref is.
Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier Polisiestasie, sers Chantel Marais het die man onder meer ‘n gebreekte skouer en kneusmerke opgedoen.
Alhoewel daar ‘n moontlike verdagte is, het die polisie nog niemand gearresteer nie. Die motief agter die aanval is nog nie bekend nie. Die slagoffer is in die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal opgeneem.

#StopWhiteGenocideInSA