(Jwplayer)

December 6, 2015

#FarmAttack: Two families were attacked & brutally assaulted after their return from church, on farm Lappiesbos, Brits






PLAASAANVAL Te Lappiesbos net duskant Brits vanoggend ongeveer 10:00.
Mev Degenaar haar Dogter en kleinseun is oorval in hul woning was vasgebind en aangerand. Verdagtes het huistoerusting en juwele geneem. Verdagtes het toe gewag dat die Evely egpaar Wat Ook op die Plaas woon van die Kerk afgekom het en hul oorrompel, vasgebind en aangerand. Verdagtes het met huistoerusting, juwele en kontant asook die egpaar Se motorvoertuig gevlug. Dit is n metallic blou Toyota Corolla met registrasie Nommer DMB 066NW. As u die voertuig sien skakel 0717987954
HPG lede was op toneel en verdere ondersoek Sal gedoen word. Ons hou jul op hoogte. https://facebook.com/story.php?story_fbid=1077003248985509&id=175545635797946&fs=0

■■ Daar was vamore n aanval op die plaas lappies bos by Sanddrif naby Brits .twee verdagtes gewapen met n outomatiese geweer en n jaggeweer wat afgesaag is het mev Daggenaar haar dogter en kleinseun vasgebind en beroof van juwele en huistorusting hulle het daarna die Every egpaar oorval, vasgebind aangerand en broof van juwele, geld asook hulle Toyota motor waarmee hulle gevlug het .voertuig is metalik blou reg no D M B 066 NW. HPG ondersoek span, spoorsnyers was op toneel en leidrade is opgevolg ,ondersoek onderleiding van kol Louwrens vorder goed. Dankie Eddie vir fotos van verdagte persone in vorige aanvalle ,ons doen n beroep op inwoners in die gebied om versigtig te wees
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1077067882312379&id=175545635797946&fs=0

■■■  Nóg twee hoewes aangeval
Brits – Die polisie ondersoek twee klagte van huisroof nadat twee nabygeleë kleinhoewes by Sandrift Sondag, 6 Desember 2015 onder dieselfde twee gewapende boosdoeners deurgeloop het.
Gedurende die eerste aanval is mev. Melanie Degenaar, haar dogter en kleinseun in haar huis oorval. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig en al drie is met toue vasgemaak.
Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê volgens Melanie het die verdagtes gesê hulle wou nie eintlik haar en haar familielede aanval nie, maar wel die bure wat toe by die kerk was. Hulle het nogtans R100, twee selfone, ‘n dvd-speler en ‘n televisiestel met ‘n gesamentlike waarde van R11 798 geroof.
Terwyl die rowers nog by Melanie se huis doenig was, het die bure by die huis aangekom. Volgens Melanie se seun, Chris, is Fred en Elize Eveleigh deur die twee gewapende mans die huis ingedwing en van R6 000 beroof.
Die verdagtes het in die Eveleighs se motor, ‘n metaalblou Toyota Corolla met registrasienommer DMB 066 NW, gevlug. Die verdagtes is gewapen met ‘n R4-geweer en ‘n afgesaagde jaggeweer. Chris het gesê die voertuig is later die dag verlate tussen die bosse by Lethabong gekry.
Die Heritage Protection Group (HPG) van Thabazimbi, ‘n privaatondersoekgroep, se ondersoekers en spoorsnyers was vinnig op die toneel en help die polisie met die ondersoek wat volgens Chris goed vorder.
Niemand is al in hegtenis geneem nie en enige inligting kan aan die Brits speurtak gegee word by 012-381 6034. https://facebook.com/story.php?story_fbid=815393331903605&id=365252713584338

#StopWhiteGenocideInSA