(Jwplayer)

December 9, 2015

#FarmAttack: Update: 2 Black attackers jailed 40 years for brutal attack on Cooper couple


Twee gevonnis ná plaasaanval

Twee berugte huisrowers is vandeesweek tot gesamentlik 40 jaar tronkstraf  gevonnis  in  verband met ʼn plaasaanval verlede jaar op Groot Marico in Noordwes. 

Kapt.  Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Thabo Kotsedi (27) en Tshepo Sebaeng (31) is skuldig bevind aan huisroof  ná  ʼn aanval op Colin en Maggie Cooper op 12 Augustus 2014 op hul plaas Modderfontein. 

Maroela Media het verlede jaar berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasaanvalrowers-eet-aandete-terwyl-hulle-slagoffers-aanhou/)  die  Cooper-egpaar, albei  in  hul 60’s,  is  die Maandag tussen 18:00 en 19:00 oorval. Kotsedi en Sebaeng het Colin buite die huis ingewag. Colin  was vir sake in Johannesburg en het pas by die huis aangekom toe hy oorval is. Maggie was alleen in die huis. Die aanvallers was met messe gewapen en het Colin in die huis in gedwing,  waarna hulle die egpaar vasgebind en erg aangerand het. Hulle het tydens die aanval hulself  aan  die  afgetrede  egpaar se aandete gehelp. Die verdagtes het waardevolle huisware gesteel en in die egpaar se motor van die toneel gevlug. Hul voertuig is  omstreeks 00:00 verlate naby Zeerust opgespoor. 

Maggie kon eers die volgende dag daarin slaag om haarself te bevry, waarna sy hulp ontbied het. Albei is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Sebaeng is ʼn paar uur ná die aanval in hegtenis geneem. Sy inhegtenisneming het gelei tot die inhegtenisneming  van Kotsedi ʼn paar dae later in Swartruggens.

Genl.maj.  Jacob  Tsumane, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die Groot Maricopolisie  geluk  gewens met die skuldigbevinding en vonnis. “Ons hoop die vonnis bring vertroosting aan die slagoffers,”  het  hy  gesê.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-gevonnis-na-plaasaanval-ons-hoop-dit-bring-vertroosting/

ALSO READ:

■ Survived: Farm couple Colin and Maggie Cooper, tied up, beaten up by 2 black males Zeerust

#StopWhiteGenocideInSA