(Jwplayer)

December 7, 2015

DOUBLE #FarmMurder:: Update: Farmer's wife, Una Lotter (64) burned body found in burned out farm house



Verkoolde lyk van vrou in plaashuis gekry
Die verkoolde lyk van ’n vrou is in ’n uitgebrande plaashuis sowat 30 km buite Modimolle (Nylstroom) gekry nadat die polisie en haar familie ure na haar gesoek het.
Una Lotter (64) se oorskot is in die eetkamer onder ’n sinkplaat gekry wat vermoedelik van die huis se dak op haar geval het.
Haar man, Robert (68), se lyk is Maandagoggend vroeg enkele meters van die plaashuis gekry. Hy is tydens ’n gestoei met sy moordenaars vermoedelik met klippe teen die kop geslaan.
Die vermeende moordenaars het die huis en die egpaar se motor aan die brand gesteek.
Die Lotter-egpaar se kinders het huilend buite die uitgebrande plaashuis gestaan.
“ ’n Mens hoor van plaasmoorde, maar dink nie dit sal ooit met jou gebeur nie,” het Liezel Jacobs, ’n familielid, gesê.
Volgens die familie het bure van die egpaar Sondagaand omstreeks 21:00 die brand gesien. “Hulle het gedink dit is ’n veldbrand en het die Lotters gebel, maar niemand het geantwoord nie.”
Robbie Jacobs, Una se seun uit ’n vorige huwelik, sê hulle het Maandag 02:00 die oproep gekry dat daar ’n plaasaanval was. Hulle woon in Alberton.
Dit is onduidelik presies wanneer die aanval plaasgevind het. Dit lyk asof Robert naby die swembad oorval is. Daar was toe vermoedelik ’n stoeiery tussen hom en ’n onbekende aantal aanvallers.
Dit is ook nog onduidelik wanneer Una dood is.
Jacobs sê dit lyk asof die aanvallers die drank wat in die kroeg in die ruim plaashuis was, gedrink het voordat hulle met ’n kwadfiets gevlug het. Die kwadfiets is Maandag in Phagameng, buite Modimolle, gekry.
Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, se ’n reuse-soektog is onderweg na die verdagtes. Lykskouings sal bepaal presies hoe die Lotters dood is.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/verkoolde-lyk-van-vrou-in-plaashuis-gekry-20151207



ALSO READ:








■ Burned out farm house


#StopWhiteGenocideInSA