(Jwplayer)

December 4, 2015

#FarmMurder: Elderly farmer shot down in cold blood on Thursday night in his house



Boer bel om hulp voor finale doodskoot.
ʼn Bejaarde boer van Aberdeen in die Oos-Kaap
is Donderdagaand koelbloedig in sy huis
doodgeskiet.
Ao. Wessel Cronje, woordvoerder van die polisie,
het aan Maroela Media gesê die 75-jarige man
het alleen op die plaas gewoon. “Die man se
liggaam is vermoedelik deur een van die bure in
sy huis aangetref. Hy is ses keer in sy bolyf
geskiet
,” het hy gesê.

Volgens Cronje kon die boer daarin slaag om
iemand te bel om hulp te ontbied voordat hy
dood is. “Volgens die inligting wat in hierdie
stadium beskikbaar is, was daar omstreeks
21:00 ʼn klop aan die deur en die man het
oopgemaak. ʼn Enkele verdagte was by die deur
en het die man geskiet. Tussendeur kon die man
op ʼn manier daarin slaag om iemand te bel
voordat hy finaal doodgeskiet is. Die presiese
verloop van gebeure word nog deur die polisie
ondersoek,” het hy gesê.
Die verdagte het glo in die oorledene se bakkie
gevlug, maar is in die pad wat voor die plaas
verbyloop deur een van die inwoners in die
gebied voorgekeer wat die bakkie herken het.
“Die verdagte het stilgehou, uit die bakkie
gespring en weggehardloop,” het Cronje gesê.
“Daar is ʼn vuurwapen op die toneel gevind,
maar dit is nie duidelik wie se vuurwapen dit is
nie en ook nie of dit die vuurwapen is wat
gebruik is in die uitvoering van die moord nie.”
Cronje het gesê niks is tydens die aanval gesteel
nie en die polisie ondersoek bewerings dat die
verdagte ʼn voormalige plaaswerker is. Niemand
is nog in verband met die voorval in hegtenis
geneem nie.
Die slagoffer se naam is aan Maroela Media
bekend, maar ons wil dit nog nie bekend maak
voor ons bevestiging het dat alle
naasbestaandes in kennis gestel is nie. – Red.
maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/boer-bel-om-hulp-voor-finale-doodskoot/

#StopWhiteGenocideInSA