(Jwplayer)

December 7, 2015

#FarmMurder: Update: El​derly farmer (75) was cal​lously gunned down on his farm. He was shot 6 times by former black employee


#StopWhiteGenocideInSA
Merino sheep farmer Ge​orge “Schalk” Feather​stone, 75, died af​ter be​ing shot six times in the upper body, al​legedly by a for​mer em​ployee, on his farm Glen​loch between Aberdeen and Millers Station shortly af​ter 9pm on Thurs​day

opvolg- PLAASMOORD NABY ABERDEEN: ‘VIER DIE MENS WAT HY WAS’

Hy was ’n hardkoppige man, maar tot die dag dat hy vermoor is, was hy “die merkwaardigste pa” waarvoor sy kon vra.

Só sal Jeanine Ihlenfeldt haar pa, Schalk Featherstone (75), onthou wat Donderdagaand met ses skote op sy plaas Glenloch, tussen Aberdeen en Miller, vermoor is.

Twee verdagtes is sedertdien ondervra in verband met die moord, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, het ao. Wessel Cronjé, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

“Die verdagtes is wel in hegtenis geneem in verband met ander sake,” het Cronjé verduidelik. “Een word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin onlangs met ’n mes doodgesteek het, en die ander dat hy sy vriendin se kind ontvoer het.”

Albei verdagtes sal in verband met dié sake in die hof verskyn, terwyl die polisie hul forensiese ondersoek voortsit om hulle moontlik met Featherstone se moord te verbind.

Een van die verdagtes is ’n werknemer van Featherstone, het Ihlenfeldt bevestig.

“My seun het in die week op die plaas gekuier, en het vertel dat sy oupa met ’n werker gestry het,” het Ihlenfeldt vertel.

“Hy was glo besorg dat hy die stryery te ver gevat het. Ons is heeltemal platgeslaan deur wat gebeur het, maar ek is ook dankbaar dat my kind nie meer op die plaas was toe dit gebeur het nie.”

Ihlenfeldt, wat in Durban bly, het gesê die ondersteuning van Aberdeen se plaasgemeenskap is oorweldigend.

“Dit is ’n ongelooflike riem onder die hart. Elke liewe boer het Vrydag gehelp om na die skuldiges te soek, en elkeen van hulle sal in die hof wees wanneer die verdagtes voorkom.”

Hulle sal ook daar wees wanneer Featherstone Donderdag ter ruste gelê word. “Ek wil dit nie ’n begrafnis noem nie, maar daar sal ’n kerkdiens wees op die dorp. Daarna sal ons na die Aberdeen-klub gaan en video’s van my pa speel om sy lewe en die mens wat hy was te vier.”

Featherstone se vrou woon reeds sewe jaar in ’n tehuis in Aberdeen nadat alzheimersiekte by haar gediagnoseer is. “Vir haar is dit asof sy hom vyf minute gelede gesien het,” het Ihlenfeldt vertel. Featherstone laat ook ’n dogter wat in Kaapstad bly en ’n seun in Australië na.

Vir Ihlenfeldt was haar pa ’n ongelooflike mens.

“Ek het my hardkoppigheid by hom gekry, maar as ek ooit enigiets nodig gehad het, was hy die eerste persoon wat ek gebel het. Van die armoedigste tot die rykste mense kon by hom aanklop, en hy sou alles doen wat hy kon om te help. Dít is wie my pa was.”

Foto: Hier is Featherstone by sy dogter, Jeanine Ihlenfeldt. (VERSKAF)
https://facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1271709562855586/?type=3&fs=0

ALSO READ:
■ #FarmMurder: Update: WANTED: Black killer WANTED for the murder of farmer Schalk Featherstone in the Aberdeen district

#StopWhiteGenocideInSA