(Jwplayer)

December 13, 2015

#HospitalGenocide:Afrikaner woman fighting for her life after days without any treatment at #ANCFail hospital


#BringBackTheWhitePeople: 119 ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE ENTIRE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA
#StopWhiteGenocideInSA

Vrou veg om haar lewe ná dae sonder behandeling
Deur Alet Van Der Walt
Odendaalsrus. – Die vrou wat byna drie dae lank hier onbehandeld in die hospitaal gelê het, veg nou om haar lewe.
Volksblad het reeds Maandag berig oor Marie Slabbert (60) en haar familie wat verlede Saterdagoggend in ’n motorongeluk buite Odendaalsrus was.
Haar skoonseun, John Pieterse, sê hulle is baie bekommerd oor Slabbert. Sy is op die oomblik in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se waakeenheid en dokters kon haar nog nie opereer nie.
Meer as twee eenhede bloed en vog is uit haar borskas gedreineer nadat gebreekte ribbe in haar longe gesteek het.
Sy het ook weens die bloedverlies en erge hitte baie ontwater.
In die Kutlwanong-hospitaal in Odendaalsrus het sy byna geen behandeling ontvang nie en is daar aan die familie gesê haar lyf is net gekneus. X-straalfoto’s van Slabbert is by die hospitaal verkeerd geïnterpreteer en net ’n gebreekte femur (bobeen) is opgemerk.
Niemand het die erg gebreekte ribbe gesien nie.
Danksy die ingryping van die familie, ambulanspersoneel en ’n dokter van die Mediclinic Welkom is Slabbert Dinsdag na die Bongani-hospitaal oorgeplaas. Hier is begin met die nodige behandeling om haar te stabiliseer voordat sy na die Pelonomi-hospitaal oorgeplaas is.
John sê egter sy skoonma se lewe is nou in gevaar. Haar organe funksioneer volgens dokters nie na wens nie en hulle kan nie opereer nie.
Slabbert se been het baie hoog naby die heuppotjie gebreek en sy verkeer nou al byna ’n week lank in ondraaglike pyn.
Pieterse sê ook sy skoonpa, Ruben (62), is baie getraumatiseer. Hy was self in die ongeluk en moes magteloos toekyk hoe sy maat van byna 40 jaar die afgelope week in pyn verkeer en verswak.
Die provinsiale gesondheidsdienste is volgens sy woordvoerder, Mondli Mvambi, besig met ’n ondersoek na die redes waarom Slabbert nie van meet af aan die nodige behandeling gekry het nie.
Netwerk24

#StopWhiteGenocideInSA