(Jwplayer)

December 10, 2015

Increase in #FarmAttack 's in De Nyl Zyn Oog area between Nylstroom and Warmbaths


Diewe sny tente oop om waardevolle items te steel. Foto ter illustrasie

Swart plaas aanvallers bedrywig in Nyl Zyn Oog-omgewing

Verskeie plase op die De Nyl Zyn Oog-pad tussen Bela-Bela en Modimolle het die afgelope jaar deurgeloop onder ’n vlaag inbrake. 
Theuns Kruger, ’n inwoner op dié pad en eienaar van ’n gasteplaas, sê hulle vermoed dat dit dieselfde mans is wat keer op keer toeslaan. “Van die plekke het soveel as 15 inbrake die afgelope jaar gehad. Die swart misdadigers slaan toe selfs al is daar groot groepe mense,” het hy gesê
“In een van die tentkampe was die mense nie ver weg nie en die diewe het die tente oopgesny en met waardevolle items gevlug. Besoekers moet gewaarsku word om hul waardevolle besittings te verberg sodat dit nie so maklik is om dit te kry nie,” het hy gesê.
Hy sê die polisie se honde-eenheid het tydens een van die voorvalle spore gevolg en op van die gesteelde items afgekom. “Dit is ’n bergagtige gebied en die skurke verdwyn in die bosse. Dit wil voorkom asof hulle in die veld bly en gereeld aanskuif,” het Kruger gesê.
Die gebied het sedert Augustus ’n plaaswag wat patrollies doen. Volgens Kruger was daar ook ’n geval van brandstigting en drade wat geknip is sodat die boewe toegang tot eiendom kon verkry. 
Ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het gesê dat hulle sover moontlik patrollies op die plase onderneem. “’n Doeltreffende plaaswag kan as goeie afskrikmiddel dien — nie alle plaaswagte is ewe doeltreffend nie. 
“Boere moet weet wat op hul plase gebeur en sodoende nie maklike teikens wees nie,” het hy gesê.
http://www.diepos.co.za/articles/crime/34636/2015-12-04/diewe-bedrywig-in-nyl-zyn-oog-omgewing

#StopWhiteGenocideInSA