(Jwplayer)

December 17, 2015

#MURDER: 94 -year-old resident of Tuiniqua found in a pool of blood with a serious head wound



Natuurlike oorsaak van haar dood word toe onnatuurlik in die NSA. Verdoeseling?!

Polisie ondersoek dood van bejaarde
GEORGE NUUS - Die George-polisie is besig met 'n geregtelike doodsondersoek nadat die bebloede liggaam van 'n 94-jarige inwoner van Tuiniqua glo deur 'n buurvrou in haar woonstel aangetref is.

Eileen Venter was vermoedelik die slagoffer van 'n inbreker op die oggend van Woensdag 18 November. Na verneem word, het die buurvrou haar om ongeveer 10:30 in haar woonstel op die vloer aangetref. Venter se teraardebestelling is op die nippertjie uitgestel, volgens 'n kleindogter, Ulricke Petho.
Volgens Petho het die begrafnisondernemer die familie voor 08:00 op die oggend van die begrafnis (Maandag 23 November) ingelig dat hulle met die gedenkdiens kon voortgaan, maar die teraardebestelling sou nie kon plaasvind nie omdat haar ouma se liggaam vir 'n nadoodse ondersoek moes gaan.
"Op daardie stadium het ek en my ouers reeds vermoedens gehad oor die vreemde omstandighede rondom my ouma se dood," sê sy.
Petho vertel dat haar ouers, Colleen en Evert Keulder op die dag van haar ouma se dood deur Tuiniqua ontbied en ingelig is dat Venter aan 'n "massiewe hartaanval" dood is. Daar was bloed op die toneel, maar hulle is ingelig dat sy vermoedelik geval het en so beseer is. Die oorledene se woonstel is skoongemaak en die bloed opgevee.
"Twee van my ouma se matte en 'n kussing is ook gewas,"
vertel Petho. Die gedenkdiens het voortgegaan, maar haar ouma is eers op Vrydag 27 November veras.

Op haar doodsertifikaat staan dat sy weens "onnatuurlike" oorsake dood is.
Die polisie het na verneem word vandeesweek begin om verklarings af te neem van mense binne Tuiniqua.
'n Kommunikasiebeampte van die polisie, lt. Annacletta Mothoalo, het by navraag gesê "die mense" wat die oorledene se liggaam gevind het, het die ambulansdiens gebel en paramedici het haar op die toneel dood verklaar.
Dove-begrafnisondernemers is in kennis gestel en hulle het die liggaam kom haal. Volgens Mothoalo is die polisie op daardie stadium nog nie in kennis gestel nie.
Die familie het mev. Venter se liggaam na Avbob laat skuif omdat sy 'n begrafnispolis daar gehad het. Volgens Mothoalo het Avob se bestuurder bevestig dat die dokter wat die doodsertifikaat moes uitreik, dit nie wou doen nadat hy haar kopbeserings gesien het nie en het hy 'n nadoodse ondersoek aangevra.

"Die ondersoek het aangedui dat mev. Venter dood is weens 'n kopbesering wat sy opgedoen het weens 'n hou teen die kop met 'n stomp voorwerp (blunt force trauma).

Petho sê dat die verklaring dat haar ouma aan 'n hartaanval dood is, nie vir hulle sin gemaak het nie.
"Ons was te getraumatiseerd om daardie oggend van haar dood toe ons na Tuiniqua toe is, na haar liggaam te gaan kyk. My pa sou haar later by die begrafnisondernemer gaan uitken. My ouma was nog flink. Sy het weekliks haar trimgimklas bygewoon, blokraaisels ingevul en graag saam met my ma kaart gespeel."
Volgens Petho het sy en haar ma dit vreemd gevind dat baie van haar ouma se goed weg was toe hulle die middag van haar dood vir die eerste keer na haar woonstel is om haar besittings te gaan oppak.

"My ouma se plek was skoon toe ons daar aankom, maar ek kon nie verstaan hoekom die spieëlkas so deurmekaar was nie. My ouma was 'n baie netjiese persoon."
Venter se selfoon, haardroër, flits, batterylaaier, 'n vergrootglas waarmee sy gelees het, twee hangertjies wat sy altyd gedra het, en 'n ring was onder die items wat hulle nie kon kry nie.

Petho vertel dat die buurvrou wat op haar ouma se liggaam afgekom het, gesê het dat sy op die oggend van haar ouma se dood na Venter se woonstel is om vir haar te sê sy gaan dokter toe. Toe sy egter by Venter se woonsteldeur roep en die deur probeer oopmaak, het dit vir haar gevoel of iemand van die anderkant van die deur af druk.
"Nadat sy 'n paar keer probeer inkom het, het sy onverrigtersake na haar plekkie teruggekeer om klaar te maak. Net voor haar vertrek, is sy weer na Venter se woonstel waar sy haar dood aangetref het."
Venter het vier woonstelle van die eetsaal af gewoon.
Die buurvrou wou nie self met die George Herald praat nie en het gevra dat haar naam nie genoem word nie.
Tuiniqua se hoof, Hannetjie Neuper, wou nie kommentaar lewer nie en het net gesê dat hulle die nodige inligting aan die polisie bekend gemaak het.
Venter laat twee kinders, sewe kleinkinders en twaalf agterkleinkinders agter. Sy was vir agt jaar 'n inwoner van Tuiniqua. https://facebook.com/story.php?story_fbid=1277918692234673&id=116298045063416&fs=0

#StopWhiteGenocideInSA