(Jwplayer)

December 4, 2015

#MURDER: Fochville man shot dead in cold blood in front of his son at home on Friday morning . NOTHING WAS STOLEN



ʼn Man van Fochville in Gauteng is Vrydagoggend koelbloedig ten aanskoue van sy seun vermoor.  Sers.  Linkie  Lefakane,  woordvoerder van die polisie,  het aan Maroela Media gesê die 47-jarige man was omstreeks 06:00 op pad werk toe, toe hy deur drie gewapende mans by die huis se voordeur oorval is. Die verdagtes het hom in die huis ingesleep waar ʼn struweling ontstaan het. “Die  oorledene kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk en die alarm het afgegaan,” het Lefakane gesê. “Twee skote is afgevuur en die man is op die toneel dood.” Die aanvallers het daarna op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel. Maroela Media verneem dat die seun gestremd is. Dit is nie duidelik hoe oud die seun is nie. Volgens Lefakane is die seun ongedeerd. Die naam van die oorledene kon nog nie deur die polisie bekendgemaak word nie, aangesien al die naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek. Die voorval kom ʼn maand ná ʼn soortgelyke voorval waartydens ʼn man en vrou van Fochville ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet  is (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/paartjie-ten-aanskoue-van-dogter12-doodgeskiet/) .  Jaco  van Eeden (47) en Elsabé Muller is in dié voorval dood toe drie gewapende mans hulle oorval het.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/fochville-pa-voor-seun-doodgeskiet/

#StopWhiteGenocideInSA