(Jwplayer)

December 23, 2015

#MURDER: #HospitalGenocide: Mother with two broken legs, dies in #ANCFail hospital after neglected treatment & waiting for weeks for surgery




BFN ma wag dae vir operasie, sterf aan bloedklont


 ’n Bloemfonteinse ma (34) van twee jong kinders het ten tyde van ’n operasie in die Pelonomi-hospitaal aan vermoedelik ’n bloedklont gesterf nadat sy 22 dae op ’n operasie moes wag nadat sy albei bene in ’n motorfietsongeluk gebreek het.

Berdien Lee se bedroefde man, Richard (31), van ’n hoewe in Meadowsweg, Lakeview, sê hy en hul twee seuns, Edwin (11) en John (3), is verpletter nadat sy vrou Dinsdag skielik gesterf het.

“Ons is net gebel om haar klere te kom haal omdat sy dood is. Die dokter het gesê dit was vermoedelik ’n bloedklont in die hart.”

Hy sê die verskoning wat Pelonomi se personeel gegee het oor hoekom sy nie onmiddellik geopereer kon word ná die motorfietsongeluk op Maandag 31 Augustus nie, was dat daar nie ’n teater was nie. “Toe was daar nie ’n narkotiseur nie; toe nie ’n hoofsuster nie. Toe was daar probleme by die kliniek en later was Berdien glo verkeerd bespreek (vir ’n saal waar sy ná ’n operasie opgeneem kon word).”

Lee vertel hy en sy skoonouers, Eben en Heleen van der Walt, wat op dieselfde hoewe bly, moes self sy vrou in die hospitaal gaan versorg.

“Ek is elke dag hospitaal toe om haar te gaan bad en haar doeke om te ruil. Ons moes die bedpan onder haar instoot en uithaal en die beddegoed ruil. Die verpleegpersoneel het net gesê hulle is te besig.”

Van der Walt sê verlede Woensdag was sy dogter deurgelê. Sy het daarop aangedring om huis toe te kom. “My vrou het haar gaan haal. Maar toe hulle naby die huis was, het die hospitaal gebel om te sê sy moet dadelik terugkom anders stuur hulle die polisie.

“Ons het haar onmiddellik teruggeneem. Ons het hierop die dokter en hoofmatrone gaan spreek.

“Ons het hulle vertel dat verpleegpersoneel haar aansê om self badkamer toe te loop, terwyl haar bene gebreek is. Die matrone het weer verduidelik daar is net een teater, net een narkotiseur . . .

“Dinsdag is sy geopereer, en is sy dood.”

Lee sê ’n nadoodse ondersoek word vandag (Vrydag) gehou.

Hy sê die motorfietsongeluk het die Maandagoggend vroeg naby hul huis gebeur toe ’n vragmotorbestuurder voor haar motorfiets ingeswaai en sy byna onder sy wiele beland het. “Sy het skerp uitgeswaai en het teen ’n aankomende bakkie gebots.”

https://facebook.com/boerekrisisaksie/photos/a.178568022169751.48293.116298045063416/1233446700015206/?type=3&source=48

#BringBackTheWhitePeople: 96 percent of all the so-named 'White" South Africans are barred from the job-market in South Africa under the ANC's more than 115 anti-white racelaws. Afrikaner children, children, pensioners and adults suffer from this deliberate policy of barring their wage-earners from jobs, and many of these families hide themselves away in tiny squatter camps in South Africa. They have no right to work, no rights to earning an income and no rights to get food-aid from charities: we are in desperate need of donations for food, vegetables, clothing, baby clothes, medicine, blankets and tents. The ANC government does not help: in fact the ANC-regime has also made laws which prohibit private and public charities and donor-charities from helping whites If they do, the ANC will cancel their non-profit registration with the government. More than 15-million black poor people get help from the government and from private charities in South Africa. But only very few charities dare to donate to help these Afrikaner squatters because of their fear of this law. Foreign charities and private donors are free to chose where they can send their money and their aid in South Africa This is a very desperate situation please help. We need assistance
#StopWhiteGenocideInSA