(Jwplayer)

December 9, 2015

#MURDER: Missing man, Hannes Craemer (28) found shot in the head



Vermiste pa se lyk in hotel gevind

ʼn Soektog na ʼn vermiste pa van Durban het tragies geëindig toe sy liggaam  in  ʼn hotelkamer in South Beach gevind is. Maj.  Thulani  Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Hannes Craemer (28) se liggaam is Donderdag deur hotelpersoneel  in  een van die kamers gevind. Hy is in die kop geskiet.  Hy  is  op 30 November as vermis aangemeld, nadat hy vir die  laaste  keer  deur sy kollegas by die werk gesien is. Volgens Zwane het ʼn 43-jarige man op Maandag, 30 November, by die hotel ingeboek vir twee aande.  “Hy is later  by die hotel weg en het saam met Craemer teruggekeer. Die twee mans is na die hotelkamer.  Die man is omstreeks 19:30 weer uit en het nie weer teruggekeer nie. Craemer het nie  weer uitgekom nie en daar was ʼn moenie-steur-nie-kennisgewing op die deur,” het hy gesê. Teen Donderdag het hotelpersoneel onraad vermoed omdat Craemer nog steeds nie uitgekom het  nie en die hotelgas ook nie weer teruggekeer het nie. Hulle het ingegaan en Craemer se liggaam  gekry. “Ons is nou op soek na die 43-jarige verdagte wat daardie dag saam met Craemer was. Hulle was na bewering sakevennote,” het Zwane gesê. “Sy identiteit   is aan die ondersoekspan bekend en die polisie  is  steeds  op  sy  spoor.  ʼn  Saak van moord word ondersoek.”

Maroela Media hou van 'n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul  mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings,  ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die  reg voor om enige kommentaar te verwyder. Hou in gedagte dat Maroela Media en jy as kommentator aanspreeklik gehou kan word indien jy iemand se regte skend. Moenie die oom of tannie  in  die  familie  wees van wie niemand hou nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/vermiste-pa-se-lyk-in-hotel-gevind/


#StopWhiteGenocideInSA