(Jwplayer)

December 11, 2015

TAU SA seek legal advice on rising farm attacks in South Africa


Plaasmoorde: ‘Wat mag slagoffer doen?’

TLU SA wil regsadvies inwin oor hoe ʼn slagoffer van ʼn plaasaanval mag optree wanneer geweldsmisdaad dreig. 

TLU SA het ná ʼn “spoedvergadering” in Pretoria sy kommer uitgespreek  oor die voorkoms van geweldsmisdaad op plase en landbouhoewes. 

Volgens Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter  van  die veiligheidskomitee,  is  daar  reeds  62  mense vanjaar  in  plaasaanvalle  vermoor.  “In November is 7 mense op plase vermoor, terwyl daar 31 aanvalle  was waarvan ons bewus is. Vir Desember is daar reeds 5 plaasmoorde aangemeld, terwyl daar ook reeds 18 plaasaanvalle was.” Geldenhuys het gesê TLU SA beplan om regsadvies in te win oor die sogenaamde “redelike persoon”-toets.  
“TLU  SA beplan om regsadvies in te win ten opsigte van wat in sulke omstandighede die optrede van die ‘redelike mens’ sou wees wanneer geweldsmisdaad dreig en tot  welke mate die optrede van misdadigers grens aan ‘terrorisme’,” het Geldenhuys gesê. 

Howe gebruik die “redelike persoon”-toets om nalatigheid te meet. Die hof probeer bepaal of die “redelike  persoon”  ʼn  situasie  sou  kon voorsien en hoe die persoon sou optree. 

Geldenhuys het ook ʼn beroep op die regering gedoen om in te gryp en plaasmoorde en -aanvalle te verdoem en te verwerp. “Dit is onaanvaarbaar dat die owerheid geen praktiese erns toon om die veiligheid  van  die  land  se  voedselprodusente te verbeter nie.” TLU SA oorweeg ʼn verskeidenheid optredes om die openbare en internasionale aandag te fokus op die lot van plaasbewoners, die buitengewoon wreedaardige aard van die misdade en, in baie gevalle,  die  onbevredigende  reaksie  van die SAPD.

Hy het boere versoek om uiters paraat te wees tydens die feesseisoen.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasmoorde-wat-mag-slagoffer-doen/



■  30 November 2015: 59 Farm Murders, 271 Farm Attacks in South Africa this year !

Murders of white farmers by black-militia gangs soar to 132,8 per 100,000: report to United Nations, Geneva


01 January to 30 November 2015: 
59  #FarmMurder
271 #FarmAttack

01 December to 10 December 2015
06  #FarmMurder
16 #FarmAttack

TOTAL:
65 #FarmMurder
287 #FarmAttack


☆ These figures represent 10% of all commercial farmers in South Africa. More shocking statistics suggest that a farmer’s chances of being murdered are double that of a police officerFarm attacks are often associated with extreme levels of violence and  brutality.

~Carte Blanche 17 May 2015


Liedjie Skrywer en Nuweling Sangeres stel Liedjie vry vir Boere 


#StopWhiteGenocideInSA