(Jwplayer)

January 23, 2016

#ATTACK: Black attacker shot & injured by Afrikaner woman, Trudie Coetzer (72) after home invasion in Centurion



Trudie Coetzer (72) het Vrydagoggend ’n swart aanvaller geskiet wat by haar Pierre van Reyneveld-huis, Centurion probeer inbreek het.

Sy was alleen tuis toe twee swart barbare probeer het om in te breek.

“My man is van laasweek af in Eugene Marais hospitaal. Ek het Vrydagoggend vir hom vars klere ingepak – hulle kan mos nie baie klere en tasse in ICU hou nie,” vertel sy.

Terwyl Coetzer gereed gemaak het om hospitaal toe te gaan, het sy ’n beweging buite haar slaapkamervenster gesien.

“Daar was twee van hulle in my erf,” vertel sy.

Terwyl die mans om haar huis gesluip het, het sy die polisie en sektorpolisieëring in haar omgewing geskakel.

Coetzer sê na die oproepe het sy haarself bewapen.

“Ek het toe die rewolwer uit die kluis gaan haal.”

Sy is na die gastekamer waar sy die twee mans by die venster gewaar het.
“Die een was reeds besig om deur die diefwering die venster oop te forseer,” sê sy.
Coetzer sê sy het op die mans geskree en gewaarsku dat sy gewapen is.
“Die een by die venster het voortgegaan om dit te probeer oopmaak.”
Coetzer wou ’n waarskuwingskoot in die grond afvuur.
“Ek wou hulle net skrikmaak, maar toe ek skiet, tref die patroon die een in die arm,” sê sy.
Die mans het vinnig spore gemaak.
Lede van die sektorpolisieëring was binne minute op die toneel en het die bloedspoor van die gewonde man gevolg en die twee verdagtes aangekeer.
Voorsitter van GPF Sektor 3 Lyttelton, Gwen Smith, het bevestig dat altwee mans in hegtenis geneem is.
http://rekordcenturion.co.za/73473/bejaarde-vrou-skiet-inbreker/


#StopWhiteGenocideInSA