(Jwplayer)

January 10, 2016

#FarmAttack: Update: Afrikaner farmers in police-custody & denied bail for defending Afrikaner farmer Lodie van der Westhuizen from 2 black attackers

#StopWhiteGenocideInSA
40 boere pak 2 aanvallers
Deur Sonja Carstens
Teen die tyd dat die twee aanvallers begin weghardloop het deur die koringlande op Loedie van der Westhuizen se plaas, was tussen 40 en 60 boere van buurplase en buurdorpe reeds op pad om die 72-jarige Vrystaatse boer in sy uur van doodsangs te help.
Die konfrontasie tussen die boere, wat al jare lank sélf inspring om plaasaanvalle hier naby Parys te stuit, en die twee mans, het minstens ses gesinne in smart gedompel.
Albei aanvallers is dood. En vier boere, onder wie Van der Westhuizen se eie seun, Boeta, is aangekla van hul moord.
“Dit is ’n verskriklike ramp,” het die 78-jarige Anette van der Westhuizen, familie van Loedie, gister gesê. “Dit is vir ons verskriklik moeilik. Dit is so hartseer wat hier gebeur het. Maar ons sal as familie hierdeur kom. Ons moet net.”
Boeta het die naweek deurgebring in die gevangenis in Parys saam met drie ander boere van die Weiveld-omgewing: Johan Cilliers sr., sy seun, Johan Cilliers jr., en Anton Loggerenberg, nóg ’n familielid van Loedie.
Hulle het gister hul regsverteenwoordiger geraadpleeg in die aanloop tot hul borgtogaansoeke Dinsdag.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê die boere staan voorlopig tereg weens moord.
Die staat sal borgtog teenstaan.
Tussen 40 en 60 boere van sover soos Heilbron en Koppies het Woensdag gereageer nadat Van der Westhuizen in die gang van sy plaashuis op Bessiesbult die noodknoppie ­gedruk het.
Van der Westhuizen, ’n wewenaar wat sedert 1979 op die plaas woon, is oorval deur ’n gewapende man toe hy net ná 17:00 by sy goed beveiligde huis aangekom het.
Met ’n rewolwer teen die agterkop het die aanvaller R20 000 by hom geëis.
Volgens Anette leef boere in die streek elke dag met die vrees dat een van hulle volgende kan wees.
Hy wys die plek by sy agterdeur waar die rower hom genader het terwyl hy die deur oopgesluit het.
“Dit was ’n aaklige gevoel. Ek het vir hom gesê ek het niks, maar hy het ’n kluis met baie geld gesoek,” sê Van der Westhuizen.
In die huis het die rower na sy makker geroep.
Van der Westhuizen het met hom begin stoei, maar is met die rewolwer se kolf teen sy linkerslaap geslaan.
Bloed het uit die kopwond gestroom.
In die gestoei het Van der Westhuizen die noodknoppie gedruk. “Ek het vir hom gesê ons moet net vyf minute wag. Hier kom baie boere om my te help,” sê hy.
Die mans het te voet deur die koringlande oor die Cilliers’s se plaas gevlug, waar die boere hulle aangekeer en gekonfronteer het.
Tientalle boere was op die toneel waar die mans aangerand is toe die polisie opdaag. Albei mans het nog geleef toe die polisie hulle vir behandeling geneem het.
Een van die mans is by sy aankoms by die hospitaal in Parys dood. Sy makker is by sy aankoms by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood verklaar.
Van der Westhuizen sê hy het nie die aanvallers geken nie.
Hy woon enkele kilometers van waar Annatjie van Rooyen (76) in ­Januarie 2013 in haar vrieskas toegesluit is. Sy het versmoor. Haar man, Ernest (77), is ook vermoor.
Dit is ook nie ver van waar die 40-jarige boer Johan Strydom in 2010 met ’n ysterstaaf vermoor is nie. Hy is agter sy eie Mazda-bakkie gesleep.
Volgens Anette leef boere in die streek elke dag met die vrees dat een van hulle volgende kan wees.
“Elke dag moet jy oor jou skouer kyk, paraat wees,” sê sy.
Loedie se dogter is die joernalis Alet Rademeyer, oudverslaggewer van Beeld en deesdae redakteur van AfriForum se tydskrif.
Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, sê hulle het aangebied om die boere se regskoste te betaal.
“Die werklikheid is die vier boere is deel van ’n gemeenskap wat elke dag in vrees lewe weens die martelings en wreedheid waarmee plaasaanvalle gepaard gaan.”
Adv. Christo Roberts, voormalige senior staatsadvokaat wat al in verskeie soortgelyke sake aangekla het, sê die staat sal moet bewys die boere het die bedoeling gehad om die aanvallers dood te maak.
“Mense vrees plaasaanvalle en as dit gebeur, sal die gemeenskap oorreageer. Howe kan dit nie ignoreer nie.” https://facebook.com/story.php?story_fbid=501122753398848&id=100005033835388&fs=4

#StopWhiteGenocideInSA