(Jwplayer)

February 17, 2016

#ATTACK: Afrikaner man, Andre van der Berg (44) in hospital after he was attacked with a knife

André van der Berg (44) in die hospitaal na hy met ’n mes aangeval is. Foto: Verskaf
André van der Berg (44) in die hospitaal na hy met ’n mes aangeval is.

#StopWhiteGenocideInSA

Man wreedaardig aangerand in mes-aanval


‘n Pretorianer het die afgelope paar dae vir sy lewe geveg in Montana privaat-hospitaal na ‘n wrede mesaanval.

André van der Berg (44) se linkerhand was byna afgesny en sy bors was oopgekloof, vertel sy vriend Andry Louw.

“Hy is vier keer met ‘n mes toegetakel en daar was oral bloedspatsels teen die mure.”

Van der Berg het drie dae in intensiewe sorg deurgebring en sodanig herstel dat hy Woensdag ontslaan is.

Hy het Vrydagaand gesit en televisie kyk in die tuinwoonstel wat hy by Louw in Riviera huur toe sy aanvallers toeslaan.

Louw sê dit het omstreeks 21:30 gebeur. Van der Berg het op die rusbank gelê toe twee mans toegang tot sy woonplek verkry.

“Hulle het hom daar op die bank oorval. Hulle het hom beveel om nie ‘n geluid te maak nie, maar hy het geskree,” vertel Louw.

“Dit was toe dat hy met ‘n mes toegetakel is.”

Louw sê Van der Berg se gil het hom tot aksie laat oorgaan en hy hom na die woonstel gehaas, geweer onder die arm.

“Toe ek daar aankom, was die indringers reeds weg. André se linkerhand was byna af en sy bors was in so ‘n mate oopgekloof dat ek ’n deel van sy longe kon sien.”

“Hulle het dié keer met niks weggekom nie.”

Louw sê dat hy sedert 14 Desember reeds ses voorvalle van inbrake en roof by sy woning by die polisie aangemeld het.

“Ek het al op die inbrekers geskiet, maar dit skrik hulle nie af nie.”

Louw is oortuig daarvan dat dieselfde inbrekers keer op keer terugkeer.

“Die voetspore wat ek in my erf gevind het na elke voorval, kom ooreen,” sê hy.

“Hulle weet presies waar die sekuriteit-strale is. In die jongste voorval het hulle ook my sekuriteitskameras gebreek.”

Louw sê hy bestee duisende rande aan sekuriteit. Dan is daar ook die skade wat hy na elke inbraak of roof te herstel.

“Die bure rondom my huis was ook al telkemale teikens van huis-inbrake. Ek moet my geweer aan my sy dra as ek my tuin buite wil natlei.”

Louw sê hy voel hulpeloos vrees daagliks vir sy veiligheid.

“Ek is ook bang dat ek een van die indringers eendag sal doodskiet en dan gaan ek toegesluit word. Wat anders moet ’n mens doen? Selfs die polisie is bang om misdadigers agterna te sit.”

Louw sê die polisie en GPF het blitsig reageer.

“Maar die skobbejakke is steeds daar buite. Ons sal nie rus en vrede hê totdat hierdie skurke agter tralies sit nie.”

http://rekordnorth.co.za/67327/man-wreedaardig-aangerand-in-mes-aanval/

#StopWhiteGenocideInSA