(Jwplayer)

February 10, 2016

#ATTACK: Grandpa (71) protect himself & granddaughters, black attacker shot & injured

Die 71-jarige man staan hier by die kombuisvenster, waar die inbreker betrap is.
#StopWhiteGenocideInSA

Oupa (71) beskerm kleindogters, skiet inbreker

Die twee kleindogters (19 en 15) is al die afgelope 13 jaar permanent in die sorg van hulle dapper oupa. Die drie woon saam in ’n woonstel in Dalview.
Die man het versoek dat hul name nie gepubliseer moet word nie.
Die drama het Maandagoggend ongeveer 4.30vm ontvou toe die 19-jarige kleindogter wakker geword het van ’n lawaai in haar kamer.
“Ek het eers gedink dat dit my sussie is wat in my kamer doenig is, maar oomblikke daarna het ek ’n lawaai in die kombuis, wat reg langs my kamer is, gehoor,” het sy vertel.
Sy het na die kombuis gegaan om ondersoek in te stel en gesien hoe ’n man, hurkend, op die stoof staan en probeer om ’n venster oop te maak.
“Ek het my boeglam geskrik en gegil. Met dié het die man my gegryp en dadelik vir die woonstel se sleutels gevra.”
“Hy het aanhou skreeu dat ek die deur moes oopsluit en hy het gedreig om my te steek.”
“Die man, wat goed Afrikaans gepraat het, was baie aggressief,” het die kleindogter vertel.
“Ek het vir hom gesê dat my oupa die sleutel het en terwyl hy my vasgehou het, het ons na my oupa se kamer beweeg.”
Die bejaarde man het intussen besef dat daar ’n inbreker in die woonstel is en het sy vuurwapen uit die kluis gehaal.
“Op dié stadium het my kleindogter en die inbreker tot by my kamerdeur beweeg en terwyl hy haar vasgehou het, het hy ook probeer om die deur toe te trek. Dit is toe dat ek hom in die been geskiet het,” het die oupa gesê.
“Hy was so naby aan my, ek kon hom enige plek skiet, maar ek het gedink om hom liewer net buite aksie te stel.”
Die inbreker het geval en die oupa het hom vasgehou terwyl die kleindogter gaan hulp soek het.
“In dié tyd het die man homself losgeruk en by die trappe afgehardloop.”
“Ek is agterna en kon nie glo toe hy oor die hoë hek van ons woonstelblok spring en weg hardloop nie,” het die oupa vertel.
Die SAPD was gou op die toneel maar, ten spyte van ’n soektog in die omgewing, kon die gewonde man nie opgespoor word nie.
Daar word nog kop gekrap oor hoe die man tot op die balkon van die woonstel geklouter het en so toegang verkry het.
Die woonstel is op die tweede verdieping geleë en dit is ’n hele paar meter van die grond.
“Ek is baie dankbaar dat my oupa so vinnig gereageer het. Hy was nog altyd ons hero,” het die kleindogter gesê.
http://brakpanherald.co.za/118163/inbreker-loop-sy-rieme-styf-toe-oupa-71-skiet/?utm_content=buffer4b68a&utm_medium=social&utm_source=facebook.com&utm_campaign=buffer
#StopWhiteGenocideInSA