(Jwplayer)

February 9, 2016

#ATTACK: Police fail to investigate weeks after Afrikaner man, Gert Barnard was shot in the stomach by a black attacker

...the black attacker shot Barnard in the stomach. "The bullet went right through my body," he said 
The black attacker then shot at Barnard's wife and teenage son, luckily the bullet missed them...
Gert Barnard is in Januarie deur ’n rower in sy maag geskiet.
Gert Barnard is in Januarie deur ’n rower in sy maag geskiet
#StopWhiteGenocideInSA

Man geskiet buite sy erf, gesin koes vir koeëls

Weke nadat ’n man geskiet is, is daar steeds nie aan die saak gewerk nie
Nadat daar op ’n pa geskiet is, moes hy toekyk hoe ’n swart aanvaller die geweer op sy vrou en kind rig.

Lewisham-inwoner Gert Barnard, 50, voel al hoe meer of hy in ’n tronk bly vandat daar in Januarie op hom geskiet is.

“Ek het drie geweerskote en ’n gil by my buurman se huis gehoor. Ek het toe gaan kyk of ek kan help.

“Mens hoor byna elke aand geweerskote hier rond. Dit is net nie meer veilig nie,” het Barnard vertel.

Hy het glo nog in die straat afgeloop toe sy vrou vir hom gesê het iemand kom van die ander kant in die straat aangeloop. Toe hy omdraai om te kyk wie dit is, het die man Barnard in die maag geskiet.

“Die koeël het regdeur my lyf gegaan,” het hy vertel terwyl hy die koeël uit sy beursie haal en vir die Newswys.

Die man het toe op Barnard se vrou en tienerseun geskiet, maar die koeël het hulle gelukkig gemis.

Barnard is dadelik hospitaal toe gejaag vir behandeling vir sy wond. Hy het gesê dit het gevoel of iemand sy asem uitgeslaan het. Sy linkerbeen het ook lam geraak.

Die gewapende man het weggekom en Barnard het later gehoor dat hy glo by sy buurman ingebreek het en die buurman se werker geskiet het.

“Die verdagte het net sy selfoon en R800 gesteel. Is dit iemand se lewe werd?” het hy gevra.

Barnard en sy gesin bly al nege jaar in Lewisham “en die laaste drie jaar het die misdaad baie vererger,” het hy gesê. Hy vermoed die kriminele aktiwiteite is deel van ’n sindikaat.

“Die probleem is dat polisie nie sigbaar is nie. Ons sien hulle byna nooit in die strate patrolleer nie.”

Die News het vroeër vanjaar berig oor ’n bejaarde inwoner van Lewisham wat waarskuwingskote afgevuur het toe drie vermeende inbrekers hom met stukke beton begin gooi het.

Sersant Tshepiso Mashale, ’n polisiewoordvoerder het gesê daar is onlangs verskeie misdaadvoorvalle in Lewisham en Mindalore gerapporteer.

http://krugersdorpnews.co.za/288581/man-geskiet-buite-sy-erf-gesin-koes-vir-koeels/?platform=hootsuite

#StopWhiteGenocideInSA