(Jwplayer)

February 9, 2016

#ATTACK: SERIOUSLY INJURED: Student attacked, grabbed by the right arm & repeatedly hit on the head with the butt of a gun. NOTHING STOLEN!

#StopWhiteGenocideInSA

Rebecca Liv Shain, ʼn 18-jarige student aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ʼn angswekkende aanval oorleef. Shain, ʼn eerstejaar BA-student, vertel sy het op 29 Januarie omstreeks 15:00 in Lover’s Lane in Rondebosch naby die hoofpad gestap, toe sy ʼn man opgemerk het wat in haar rigting loop. Sy het hom in die verbygaan gegroet, maar bedreig gevoel toe sy besef hy het omgedraai en begin om haar te agtervolg. Shain het gesê sy het besef haar agtervolger is besig om stemnotas na ʼn medepligtige te stuur, wat verder af by ʼn stilstaande motor in die pad gestaan het. Sy het vinniger begin stap na ʼn gebied wat gewoonlik besig is. “Daar was egter geen mense of voertuie nie. Hy het my ingehaal en ʼn vuurwapen uitgeruk en my gedreig om stil te bly en nie te beweeg nie,” het sy gesê. “Ek het begin om my longe uit te skreeu. Hy het my aan my regterarm gegryp en ek dink hy het my handsak gegryp. Ek het gekoes en toe slaan hy my herhaaldelik met die vuurwapenkolf agter my kop.” Shain het gesê sy het haar bewussyn verloor, maar inwoners het op haar hulpkrete reageer. Teen die tyd wat hulp opgedaag het, het die aanvaller en sy medepligtige reeds in ʼn blou motor weggejaag. “Bloed het uit my kop gestroom. My hele rok was vol bloed.” Sy is na die Kingsbury-hospitaal geneem vir behandeling, waar sy agt steke moes kry. Die Rondebosch-polisie ondersoek die voorval. Volgens Shain het die polisie gesê dieselfde twee aanvallers was vermoedelik by drie soortgelyke voorvalle in Claremont en Rondebosch betrokke oor die afgelope paar weke. ʼn Tweedejaarstudent, Sebastian Scheidereiter (22) aan dieselfde universiteit se mediese kampus, het Maandag die mees onlangse slagoffer geword. Lees meer hier. Kylie Hatton, woordvoerder van die UK, het gesê die universiteit is bekommerd oor die onlangse voorvalle en sal hul samewerking aan die polisie gee om die skuldiges te probeer vastrek.
African News Agency
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1071532139553141&id=184136881626009

#StopWhiteGenocideInSA