(Jwplayer)

February 12, 2016

#ATTACK: UPDATE: Survived: Afrikaner ambulance-company owner Kobus Bester, stabbed in head

Stabbed in the head, kicked and beaten by 'bogus cops' Afrikaner ambulance-service owner Kobus Bester, badly injured in attack by two black men in white Golf with 'blue lights' on 9 January 2016 in Hartbeespoort


#StopWhiteGenocideInSA


-opvolg- Nooddiens-baas kul dood weer ’n keer

Deur Jeanne-Marié Versluis 11 Februarie 2016 

Soos ’n kat wat nege lewens het, het Kobus Bester die dood al twee keer gekul.

Bester (45), eienaar van die Best Care-nooddiens in Pretoria, is eergisteraand met steekwonde langs die pad buite Hartbeespoort gelaat nadat twee mans in ’n motor met blou ligte hom laat stilhou en beroof het.

In die eerste aanval op hom, in 2008, het inbrekers Bester by sy huis geskiet. ’n Stuk van sy dermkanaal moes daarna in ’n operasie verwyder word.

Xander Loubser sê Bester, sy stiefpa, het eergister in sy Volkswagen Amarok-bakkie van Brits na Pretoria gery.

Omstreeks 21:00, in Van der Hoffweg buite Hartbeespoort, het ’n wit Volkswagen Golf agter hom gery. Die Golf se ligte is vir hom geflits en blou ligte op die dak was aan.

Bester het stilgehou.

Twee mans het uit die Golf geklim en sy rybewys gevra.

Terwyl hy dit uit sy beursie gehaal het, het hulle hom deur die oop ruit met ’n mes gesteek.

Hy het die ruit toegekry en hulle het toe teen die ruit vasgesteek. Die mans het die deur oopgepluk, Bester uit die bakkie getrek en hom geskop.

“My pa het ’n swaaihou na hulle gegee, vandaar die knop aan sy linkerhand. Hulle het toe in die Golf gespring en weggejaag,” sê Loubser.

Die mans is vort met Bester se selfoon en beursie.

Morné Muller van Pretoria wat in Brits werk, was op pad huis toe, toe hy Bester met ’n erg bebloede hemp langs die pad sien. Muller het gedink dis dalk ’n lokval en het eers stadig verby gery. Hy het omgedraai en gesien Bester loop en struikel. Bester het op die ryvlak neergeval.

“Ek het hom uit die pad gesleep. Hy het sy vrou se nommer vir my gegee en ek het haar gebel.”

Muller het heeltyd met Bester gepraat “om hom wakker te hou”. Een van Bester se eie ambulanse was binne minute op die toneel.

Loubser, ’n paramedikus, sê Bester was “baie deurmekaar” toe hy by die Eugène Marais-hospitaal in Pretoria aankom.

Hy het ’n steekwond “tot op die been” in die linkerboarm.

Hy het ’n steekwond aan die kop en ’n snywond bo die regteroog. Weens die skoppe is sy ribbe gekneus en sy regterlong beseer.

Loubser sê toe Bester in 2008 geskiet is, het hy twee inbrekers by sy Toyota Hilux-bakkie in sy erf betrap.

Hy het eers ’n blok ver agter hulle aangehardloop omdat hy nie besef het hy is gewond nie.

Loubser sê in 2010 het Bester ook ’n snywond aan die regterarm opgedoen toe hy om die hoek van sy huis gekom en ’n inbreker betrap het.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1315908031769072&id=116298045063416&fs=0

ALSO READ:

Survived: Afrikaner ambulance-company owner Kobus Bester, stabbed in head

 #ATTACK: Seriously Injured: Best Care owner brutally attacked by blacks in Van Der Hoff road

The owner of Best Care ambulance services was stabbed several times during a robbery in Van der Hoff road

Photo: Supplied
#StopWhiteGenocideInSA

#StopWhiteGenocideInSA