(Jwplayer)

February 13, 2016

#ATTACK: VIDEO: Black attackers steal elderly man's last memories

Thys de Vos hou herinneringe in fotos en datums van die 61 jaar saam met sy oorlede vrou. Foto: Corlia Kruger
Thys de Vos hou herinneringe in fotos en datums van die 61 jaar saam met sy oorlede vrou.
#StopWhiteGenocideInSA

Inbrekers steel laaste herinnering


Vyf maande na die dood van sy vrou met wie hy 61 jaar getroud is, het ’n bejaarde man van Pretoria-Noord nou haar as verloor.

Die 89-jarige Thys de Vos vee vinnig die trane en emosie weg wat weer in hom opstoot toe hy met Rekord praat.

Sondag terwyl De Vos die middag saam met sy familie deurgebring het, het diewe helder oordag by sy tuiste in Pretoria-Noord ingebreek.

“Toe ek so ongeveer 16:30 terugkeer by die huis het ek gesien die hek staan oop. Ek het eers gedink dat dit my eie nalatigheid was,” vertel De Vos.

Toe hy die oopgebreekte staalhek by sy voordeur afkom, het hy besef dat daar by sy huis ingebreek is.

De Vos sê die diewe was reeds weg en het sy huis in chaos agtergelaat.

“Hulle het vreemde goed gesteel. Hulle het die TV gelos, maar die kissie met my vrou se as het hulle gevat.”

“Ouma…” soos De Vos liefdevol na sy oorlede vrou verwys, “… was baie lief vir juwele. Hulle het alles uit haar juweelkassie gesteel, insluitend haar ringe.”

Die hartseer in De Vos se stem is byna tasbaar. Takkie de Vos se naam was ingegrafeer op die koperplaatjie op die kissie met haar as.

De Vos onthou sy Takkie – die noemnaam waarop hy haar leer ken het, soos die pragtige jong vrou wat hy 63 jaar gelede in Pretoria-Noord ontmoet het.

De Vos vertel hy het in 1951 van ’n plaas op Vryburg (toe nog in die Noord-Kaap) saam met sy ouers na Pretoria verhuis.

In 1952 het hy sy sielsgenoot op die aandrang van familie in Danie Theronstraat in Pretoria-Noord ontmoet.

Twee jaar later het De Vos sy Takkie gevra om met hom te trou.

“Ons kon nie gelukkiger gewees het nie,” vertel De Vos met ’n glimlag soos hy terugdink aan die goeie jare.


As eggenote het hulle mekaar bygestaan in goeie en slegte tye.

De Vos vertel dat hulle twee van hul vier kinders verloor het, wat ’n baie traumatiese tyd in hul lewe was. Deur alles het hul mekaar bygestaan en ondersteun.

De Vos sê hy is dankbaar dat hy vir soveel jare geseënd was met Takkie aan sy sy, en saam met haar die vreugde kon deel wat vele kleinkinders aan hul gebring het.

In September verlede jaar het De Vos meer as net ’n eggenote verloor.

Die kissie met Takkie se as, sê skoondogter Wilma, was vir die familie baie kosbaar.

Sy pleit namens De Vos dat mense op die uitkyk moet wees vir ‘n kissie met koperplaaitjies wat aan dieselfde beskrywing voldoen.

“Ons sal tot ’n beloning bied aan iemand wat die kissie met die as aan ons kan terugbesorg,” sê Wilma.

De Vos sê na die inbraak was polisie vinnig op die toneel maar kon nie duidelike vingerafdrukke kry nie.

De Vos meen dit is slegs die sentimentele besittings soos die kissie en Takkie se trouring wat werklik van waarde is vir hom.

Thys de Vos wys na die staaldeur se slot wat afgebreek is met die inbraak. Foto: Corlia Kruger
http://rekordnorth.co.za/66945/inbrekers-steel-laaste-herinnering/

#StopWhiteGenocideInSA