(Jwplayer)

February 7, 2016

#FarmAttack: ILLEGAL ARREST: Afrikaner Parys farmer illegally arrested for 2nd time & threatened by cops with prison rape!

Parys farmers illegally arrested last month now one of them, Jansen van Vuuren was arrested again & threatened by cops with prison rape after ammunition was seized ...but it doesn't belong to him???

Why does this case reminds me of the boermag members case...?
Gert Johannes (mielą) Jansen van Vuuren (22), wat aanstaande skoonseun van Boeta van der Westhuizen, saam met sy verloofde, Christa van der Westhuizen (19).Hy is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ammunisie, maar is toe net oor die Parys-moorde ondervra.
#StopWhiteGenocideInSA

Al was 'n polisielid self op die toneel waar twee vermeende plaasaanvallers verlede maand naby Parys in die Vrystaat erg aangerand is - albei is later dood - word boere in die omgewing nou skynbaar lukraak in hegtenis geneem in die hoop dat hulle inligting oor die dag se gebeure sal deel.

Boere sê die Valke se klopjagte op plase is niks meer nie as 'n "visvangekspedisie" op soek na die moordwapen, asook 'n beweerde selfoonvideo van die aanval op 6 Januarie.

Geen deurbraak is tot dusver gemaak nie, ten spyte van herhaalde versoeke deur die Valke dat mense met inligting na vore kom.

Verlede Donderdag is Gert Johannes (mielą) Jansen van Vuuren (22), wat aanstaande skoonseun van Boeta van der Westhuizen, een van die beskuldigdes, in Parys in hegtenis geneem. Die Valke het met 'n deursoekingslasbrief by die huis opgedaag wat Jansen van Vuuren en Christa van der Westhuizen (19), Boeta se dogter, op die plaas Salmonsrust huur.

Dié lasbrief is bekom nadat ao. Elbert Jacobus Pieter de Lange in 'n eedsverklaring aangevoer het hy het inligting van 'n betroubare bron gekry dat die moersleutel wat gebruik is om Samuel Tjixa en Simon Jubeba aan te rand op dié plaas versteek is. Met die deursoeking het die Valke nie die wapen gekry nie, maar wel beslag gelê op 'n boks ammunisie wat Jansen van Vuuren volhou nie aan hom behoort nie. (WHY DOES THIS REMIND ME OF THE BOERMAG MEMBERS?)

Jansen van Vuuren is weens die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem.

"Sowat 12 Valke het my by die polisiekantoor ondervra. Hulle het gesê die klagte teen my sal verdwyn as ek hulle van die Parys-moorde vertel en dat hulle my in 'n getuiebeskermingsprogram sou plaas.

"Hulle het gesê: 'Dit is Donderdag. Ons gaan jou die naweek opsluit in 'n sel met 16 k ***** s en hulle gaan jou stukkend n ***, ' "het 'n aangedane Jansen van Vuuren aan Rapportvertel.

Hy is die afgelope week afgeboek met posttraumatiese stres, kry Nagmerries en angsaanvalle. Hy eet ook sleg en slaap skaars.

Van der Westhuizen sê haar aanstaande is 'n ander mens vandat hy in die polisieselle van die Zamdela-plakkerskamp buite Sasolburg aangehou en die afgelope Maandag op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Die saak teen hom is uitgestel tot April vir verdere ondersoek.

"Ek was baie, baie bang. Ek kan nie beskryf hoe erg dit vir my was nie, "sê Jansen van Vuuren.

Kobus Burger, wat regsverteenwoordiger van Anton Loggenberg en Jansen van Vuuren, sê die polisie is onder groot druk om 'n deurbraak te maak en speel nou vuil.Deursoekings is ook by die Van der Westhuizens gedoen.

Volgens Burger het die polisie die hele Van der Westhuizen-familie se selfone gekonfiskeer op soek na die selfoonvideo.

Hulle het ook beslag gelê op Boeta, sy pa, Loedie (72), en sy neef, Anton Loggenberg, se vuurwapens.

Boeta, Loggenberg en Jan Cilliers en sy seun, Jan Cilliers jr., Staan tereg op aanklagte van moord op Tjixa en Jubeba nadat albei mans aan bloeding op die brein dood is.

Tussen 40 en 60 boere het gereageer om die twee mans aan te keer nadat Loedie van der Westhuizen sy noodknoppie gedruk het toe hy deur een van die mans op 6 Januarie op sy plaas, Bessiesbult, oorval is.

Intussen is kapt. Henk Prinsloo, een van die eerste polisielede op die toneel, die afgelope week aan 'n uitkenningsparade onderwerp.

Ooggetuies beweer Prinsloo het onder meer die verdagtes met 'n skokstok geskok sodat hulle moes sê waar hulle die vuurwapen wat in die aanval gebruik is, weggegooi het. Net 'n ooggetuie het Prinsloo op die uitkenningsparade uitgewys.

Prinsloo wou nie met Rapport praat nie en het navrae na Hannes Grimbeek, sy regsverteenwoordiger, verwys. Grimbeek sê Prinsloo is nie aangekla nie en gee sy volle samewerking aan die polisie.

Die vier boere verskyn weer Vrydag in die landdroshof in Parys.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het nie op navrae gereageer nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/valke-besig-met-heksejag-20160207

ALSO READ:
■ #FarmAttack: Video: Update: Unlawful Arrest: Afrikaners farmers in Parys: state has got no evidence against them

CRY FOR THE BELOVED COUNTRY

Despite the fact that South African farmers (Afrikaner boers) suffer under the highest violent death-rate of any profession in the world at the hands of brutal criminals, ANC officials have the gall to say, "there are no farm-murders in South Africa"! Take note of the names of these genocide-deniers, for a future tribunal...~ Bulala by Cuan Elgin


■ Mike Smith's Political Commentary: Police supplied the Boeremag ...
It is “Dirty tricks” at its best, Communist style. Create your own enemies and your own opposition. Then you make an example out of them to deter the rest of the public from rising up into a real counter revolution. 

Stalin would be proud of the ANC today. 

mikesmithspoliticalcommentary.blogspot.com › ...
Mobile-friendly - Feb 25, 2013 - The media dubbed them all the “Boeremag”. At the time we all thought, “Hey? Who the hell are these ...

■ Boeremag set up by Crime Intelligence | Space van Adriana
https://nolstuijt.wordpress.com › boerema...
Mobile-friendly - Aug 18, 2013 - Pauw writes (above) that 'police-spies planted evidence, luredBoeremagmembers and incited them ...

■ SAPS crime-intelligence officer Capt (ret) Deon Loots statement to ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Aug 18, 2013 - »FARMITRACKER .... Boeremag members, acting as Agent-provocateurs (these are people with a ...

■ 20 imprisoned Boeremag Treason Trialists to launch urgent interdict ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Oct 28, 2012 - »FARMITRACKER ... by former SAPS Crime Intelligence member Capt Deon Loots set the ball rolling ...

■ Boeremag Treason Trialists were incited, given bomb material ...
www.censorbugbear.org › reports › view
Oct 7, 2012 - »FARMITRACKER ... to teach the 'Boeremagmembers to incite them to violent acts, taught them how ...

#StopWhiteGenocideInSA