(Jwplayer)

February 24, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner Scheepers family survived shooting attack at home on a smallholding near Rustenburg

Frightened dog's barking saved family...
“I would not be here today if it wasn't for the dog" said Zach Scheepers (30) 
Johan Scheepers (7) hou Molly, sy gesin se “klein heldjie”, vas terwyl die gesin – sy sussie, Zané, ma, Brigette, en pa, Zach – vertel hoe die skoothondjie hulle wakker geblaf het om hulle teen aanvallers te waarsku
#StopWhiteGenocideInSA

Bang hond se blaf red gesin

’n Skoothond is ’n gesin se “klein heldjie” nadat sy hul lewe moontlik ten tyde van ’n aanval deur rowers op ’n hoewe naby Rustenburg gered het.

“As dit nie vir daai hondjie was nie, was ek heel moontlik nie vandag hier nie,” het Zach Scheepers (30) gister gesê.

Scheepers het gister omstreeks 01:00 wakker geword op hul hoewe in die Kroondal-gebied naby Rustenburg toe die tweejarige Molly, ’n langhaar-chihuahua, “mal tekere gegaan het”.
In hul slaapkamerdeur het ’n gewapende man met ’n flitslig gestaan. Sy 9 mm-pistool was op Zach gerig.
Die aanvaller het die flits afgesit en Molly geskop.

“Thula wena,” het hy gesê.
Met die skop het Molly die aanvaller aan sy broekspyp gegryp.
Die man het probeer wegruk en ’n skoot op die Scheepers-egpaar afgevuur.

Die koeël het Brigette Scheepers (30) in die regterboud getref en is bo die bobeen uit.

Dit het Zach kans gegee om sy 9 mm-pistool uit die bedkassie te gryp en terug te skiet.

Die aanvaller het aanhou skiet terwyl hy gevlug het.

Volgens Zach was dit soos “die sesde wêreldoorlog” nadat die eerste skoot geklap het.

Vier ander aanvallers het ook op hul dubbelverdiepinghouthuis losgebrand.

Zach het in die gang afgestap tot waar sy kinders, Zané (8) en Johan (7), was.

Zach het sy kinders na die hoofslaapkamer geneem van waar hulle familielede, vriende en die polisie gebel het.

Die alarm het intussen ook afgegaan toe die aanvallers deur die heiningdrade vlug.

Zach sukkel om te glo die “hondjie wat altyd weghardloop” het hulle gered.

“Sy gaan vanaand grootsteakskry as die krag net wil aangaan,” het Zach gesê.

Twee van die koeëls wat deur die huis se houtmure getrek het, het Zané net-net gemis.

“Die Here moes hier gewees het,” het Zach gesê.

Volgens Zach het die aanvallers die elektriese heiningdrade gelig, onderdeur gekruip, die buiteligte se gloeilampe uitgeskroef, die raam van ’n venster en die glas uitgehaal, diefwering gebreek, die skuifdeure oopgemaak en uiteindelik die veiligheidshek tussen die voorhuis en die onderste deel van die huis oopgebreek.

Die sleutels van hul voertuie, ’n stel huissleutels, ’n skootrekenaar, ’n handsak, selfone en selfoonlaaiers is geroof.

Die Scheepers-gesin bly al sowat ’n jaar op die hoewe en dit was die eerste misdaadvoorval daar.

Brigette het behandeling ontvang en is weer tuis.

Die polisie het die voorval bevestig en ondersoek ’n saak van huisroof.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bang-hond-se-blaf-red-gesin-20160223

#StopWhiteGenocideInSA