(Jwplayer)

February 22, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Groblersdal: Daughter raped by black terrorists during farm attack

#StopWhiteGenocideInSA


Dogter verkrag tydens plaasaanval

NASIONALE NUUS - Om ongeveer 20:30 het ‘n werker aan die gesin se deur geklop om koeldrank te koop, terwyl hulle sit en televisie kyk het.

Kort daarna het hulle ‘n geluid by die deur gehoor, waarna sewe aanvallers die deur oopforseer en die huis binnegedring het.

‘n Stoeigeveg het ontstaan, en die man is skrams deur sy oorlob geskiet.

Volgens adjudant offisier Stanley Magaela is daar ongeveer ses skote in die lug en op die vloer gevuur deur vier van die aanvallers.

Die gesin is beveel om op die vloer te lê en die mans het aangedring op die kluis se sleutel.

  Die vrou en dogter is deur die huis geneem en die dogter is in hierdie tydperk verkrag.

‘n Nabye buurman van die gesin het onraad vermoed en saam met van sy werkers na die gesin se huis gegaan om ondersoek in te stel.

Die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant, selfone, juwele en elektrieseware van die perseel af gevlug.

Die buurman het dadelik oor die boere bandradio geroep vir hulp en daar het binne minute ‘n groot aantal boere en gemeenskapslede by die perseel opgedaag.

Die plaas is gefynkam deur lede van Marble Hall Buurtwag, Toitskraal Buurtwag, Charlie R25 (Bloempoort) Buurtwag, Loskop Buurtwag, Groblersdal Buurtwag, Stoffberg Buurtwag, Gunmar Sekuriteit, Bellum Sekuriteit, Lezmin Sekuriteit, dr. Carel Hancke, Groblersdal polisie en LifeMed Ambulansdienste.

Kort voor lank is ‘n verdagte in die lande opgespoor en dadelik in hegtenis geneem, ‘n platskerm televisie is ook in die land gevind en na nog ‘n uur se gesoek deur dié lede, het hul nog ‘n verdagte in die lande gevind en in hegtenis geneem.

Van die gesteelde goedere soos ‘n handsak met juwele en kontant is ook in die soektog teruggevind, maar geen wapens nie.
http://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/National/158237/Dogter-verkrag-tydens-plaasaanval

#StopWhiteGenocideInSA