(Jwplayer)

February 29, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Seriously Injured: Black terrorist shot Afrikaner man, Jacques Voster (26) through window in the early hours of Friday morning

The 26-year-old Jacques Vorster is currently fighting for his life in the Pietersburg Provincial Hospital after he was allegedly shot in the face by a black attacker on Friday
Jacques Vorster is tans in die Polokwane Provinsiale Hospitaal nadat hy Vrydag na bewering deur ‘n vermeende inbreker in die gesig geskiet is.

Die venster waardeur ‘n gewapende inbreker Jacques Vorster na bewering geskiet het.

Bloedvlekke is oral in die huis waar Jacques Vorster in die gesig geskiet is te sien.

Bloedspatsels op die bakkie waarmee Jacques Vorster hospitaal toe vervoer is.
#StopWhiteGenocideInSA

AANVALLERS SKIET MAN DEUR VENSTER

Die 26-jarige, Jacques Vorster veg tans om sy lewe in die Polokwane Provinsiale Hospitaal nadat hy na bewering vanoggend (Vrydag) deur ‘n vermeende inbreker in die gesig geskiet is.
By Polokwane Observer se aankoms by Huis 3 van die Upsala-kampterrein op die Doornkraal Feesterrein was Jaco Momberg besig om sy broer se bloed in die huis en van die stoep af te was.
“My ma, Christa het omstreeks 03:30 op haar bed langs die oop venster gelê en speletjies op haar selfoon gespeel toe iemand haar aandag getrek het deur ‘n pssst-geluid te maak. Sy het begin gil toe sy opkyk en ‘n man by die venster sien. Die oomblik toe my broer uit sy bed opspring vir hulp is ‘n skoot geskiet. Ek het net gesien hoe hy terugsteier en op die grond val,” sê Jaco.
Volgens hom is Vorster onder die oog geskiet en die koeël is in sy nekwerwels.
“Die oomblik wat ek besef het wat aangaan, het ek die deur probeer oopmaak, maar van die aanvallers het dit van buite toegedruk. Ek het ‘n gat in die deur geslaan waarna hulle laat spaander het,” sê Jaco.
Hy vermoed daar was tussen drie en vyf aanvallers wat loshande oor die hoë heining met lemmetjiesdraad gevlug het sonder om iets te steel.
“Die nooddienste het vinnig gereageer, maar met hul aankoms het ons reeds my broer in die bakkie gelaai en hospitaal toe gehaas. My ma waak tans by sy bed,” sê hy.
Dit is glo nie die eerste keer wat die gesin met vermeende inbrekers of aanvallers te doen kry nie. “Ons hoor gereeld hoe mense oor die heining klim en veral hoe hulle aan die voertuie peuter, maar gelukkig kon ons hulle telkens die skrik op die lyf jaag. Dié keer was hulle egter gewapen en het sonder huiwering geskiet,” sê Jaco.
Westenburg polisiewoordvoerder, Mohlaka Mashiane kon nie die voorval bevestig nie.

http://www.observer.co.za/aanvallers-skiet-man-deur-venster/

ALSO READ:
■#FarmAttack: [SOUNDCLIP] Afrikaner man, Jacques Voster (26) shot in the face by blacks while protecting his mother
http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2016/02/farmattack-soundclip-afrikaner-man.html

#StopWhiteGenocideInSA