(Jwplayer)

February 4, 2016

#FarmMurder: UPDATE: #Rouxville: Two black killers in court. White owned liberal media hides their faces because it's black?

Farmer who was shot in the head and chest, dies, the wife also shot in the head is still fighting for her life in hospital
#StopWhiteGenocideInSA

Rouxville. - Een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy 'n bekende dokter en boer van dié Suid-Vrystaatse dorp vermoor het, het voorheen vir die boer gewerk en is bekend as 'n moeilikheidmaker in die omgewing.

Thabang Frans Jordaan (30), een van dr. Bennie Cilliers (60) se vermeende moordenaars, het op twee geleenthede vir Cilliers gewerk.

Jordaan en Ngalekile David Zamayo (42) het Maandag vlugtig hier in die hof verskyn ná die wrede aanval op Cilliers en sy vrou, Cecilia (59).

Die mans het die egpaar erg met ysters aangerand en vir dood agtergelaat. Hulle is kort ná die aanval in hegtenis geneem.

Boere, wat Maandag se hofverrigtinge bygewoon het, het ná die tyd gesê Jordaan is 'n bekende moeilikheidmaker wat 'n ander boer al met die dood gedreig het.

"Hy het vir die boer gesê hy gaan hom doodmaak," het 'n boer buite die landdroshof gesê.

Jordaan en Zamayo dit op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en voertuigdiefstal in die hof verskyn. Hul verhoor is tot vandag uitgestel.

Pieter Cilliers, die vermoorde dokter se seun, sê hy is stomgeslaan dat 'n klein mens aan wie sy pa 'n tweede kans gegee het, hom so wreed kon doodmaak.

"Ek het nie woorde nie. My pa het hom 'n tweede kans gegee om te kom werk, "sê hy.

Jordaan is Vrydagaand ná goeie polisiewerk deur beamptes van die Valke in Smithfield aangekeer terwyl hy geld bestee het wat hy deur die verkoop van die geroofde goedere gekry het.


Sers. Yanga Nckuana, polisiewoordvoerder, sê Jordaan het gehuil en gesê hy wil praat en die beamptes na Zamayo gebring.

Zamayo is by 'n taverne in hegtenis geneem en die kamera, skootrekenaar, tekkie en halwe liter brandewyn is in sy kamer gevind.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, sê Cecilia is steeds in 'n kritieke, maar stabiele toestand. Sy is steeds in die intensiewesorg-eenheid en aan lewensondersteunende masjiene gekoppel, berig Kaydene Davids.

Hans, Cilliers se ander seun, het vroeër gister aan Elsje Waldeck gesê hy en sy broer het baie goeie nuus oor hul ma se toestand gekry.

"Die dokter het gebel en gesê daar is nou 'n 80% -kans op sinvolle herstel.

"Ons is nie presies seker wat sinvolle herstel beteken nie, maar ons is baie bly oor die goeie nuus," sê hy.

Hans sê die afgelope twee dae was baie moeilik.

" 'N Mens probeer maar sterk wees. Gelukkig is ons almal bymekaar. "

Charles Niehaus, Cilliers se buurman, sê die Rouxville-gemeenskap is baie geskok.

"Ons is nou baie onseker oor wat volgende gaan gebeur omdat dit die eerste keer is dat so iets hier by ons gebeur het," sê hy.


Hy "hoop van harte" dat Jordaan en Zamayo die enigste twee mense is wat by die voorval betrokke is.

"As daar meer mense hierby betrokke is, voorspel ek groot moeilikheid," sê hy.

Piet Fouché, 'n boer in die distrik, was naas die polisie derde op die toneel.

"Dit was 'n baie groot skok."

Hy sê Cilliers se pasiënte gaan nou aan die kortste ent trek.

"Hier is 'n ander dokter in die dorp, maar hy is al in sy 80's. Ek weet nie waarheen al die pasiënte nou sal gaan nie. "

Thandi Mokoena, 'n inwoner van die dorp, sê sy weet nie wat hulle nou gaan doen nie. "Hy (Cilliers) was 'n baie goeie dokter. Ons is baie hartseer oor wat gebeur het. "

http://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/rouxville-moord-2-in-hof-20160202

ALSO READ:

■ UPDATE: #FarmAttack TURNS to #FarmMurder: Farmer dies from gunshot wounds. Wife still in critical condition in hospital Farmer who was shot in the head and chest, dies, the wife also shot in the head is still fighting for her life in hospital. Black terrorists still at large



#StopWhiteGenocideInSA