(Jwplayer)

February 2, 2016

#MURDER: UPDATE: Memorial service will be held for murdered Afrikaner Major, Coert Jordaan in Brakpan

#StopWhiteGenocideInSA


“Ek  wil net hê jy moet weet ek het jou oneindig lief en sal mooi na ons dogtertjie  kyk,  soos  jy  sou  wou gehad het.” 

 Dit is die boodskap van ʼn gebroke Angelique Jordaan (30) aan haar man, wyle maj. Coert Jordaan wat Woensdag by Ashton Lake in Springs vermoor is terwyl hy visgevang het.   Jordaan,  ʼn inwoner van Brakpan en hoof van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se berede eenheid, was met ʼn dag verlof om oudergewoonte langs  die  viswaters  te  gaan ontspan toe hy deur ʼn groep mans aangeval en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek bakkie,  selfoon,  beursie  en  vuurwapen. is  vir  sy Angelique  het Dinsdag, op die vooraand van ʼn haar man se gedenkdiens, aan Maroela Media gesê haar man was mal oor visvang. “Hy het gereeld Ashton Lake gaan besoek en my altyd op die hoogte gehou van wanneer hy verwag om by die huis te wees. Daai dag het ek heeltyd onrustig gevoel. Ek was by die huis en het na ons dogtertjie,  Klarebel  (2),  omgesien.  Ek  het  die  middag  gebel en geweet iets was fout toe sy selfoon afgeskakel was.  Later het sy kollegas aan die deur geklop en die skoknuus oorgedra,” het sy gesê. Jordaan het 20 jaar gelede as verkeersbeampte by die Benoni-verkeersafdeling begin werk, voordat hy in 2006 een van die stigters van die EMPD se berede eenheid was. Volgens Angelique het hy ʼn passie vir sy werk,  perde en kollegas gehad. “Sy kollegas het opgesien na hom. Hy was ʼn staatmaker en sterk leier. Sy kollegas is wonderlike mense, hulle is bitter goed vir my en staan my by in hierdie moeilike tyd.”
Angelique  was Maandag in die Springs-landdroshof waar die twee verdagtes wat Donderdagaand in Daveyton in hegtenis geneem (http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/moord-langs-viswaters-twee-vas/) is,  verskyn  het  op aanklag van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Sy het gesê dit  wil  voorkom of die verdagtes deel is van ʼn sindikaat wat bakkies roof. “Coert was net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd,” het sy bygevoeg. Die saak is tot volgende Dinsdag uitgestel wanneer die mans na verwagting sal aansoek doen om borgtog. ʼn Derde verdagte moet binnekort in die hof verskyn nadat hy Vrydag, ook in Daveyton, in hegtenis geneem is weens Jordaan se moord. Angelique  het gesê sy en Jordaan was agt jaar gelukkig getroud. “Hy was ʼn saggeaarde, opregte, eerlike, wonderlike  man wat my altyd op die hande gedra het. Klarebel was sy lewe. Ons kon altyd op hom staatgemaak het. Buiten visvang, was hy lief vir musiek en ʼn groot aanhanger van Afrikaanse musiek, Leonard Cohen en Meat Loaf. Hy het ook geteken vir ʼn stokperdjie.” Jordaan laat  sy vrou, dogter, ma, Rina Cilliers,  en  suster,  Talitha,  agter. ʼn Groot gedenkdiens word Woensdag om 14:00* by die burgersentrum in Brakpan vir hom gehou. Sy begrafnis  is  Vrydag  om 10:00 by die AGS Wes-gemeente in Brakpan. Mense word versoek om geel rose saam te  bring  ter  nagedagtenis. Lees alle  vorige  berigte  oor Coert Jordaan (http://maroelamedia.co.za/tag/coert-jordaan/) Media. * Neem kennis die diens is om 14:00 en nie 10:00 soos aanvangklik berig nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/gedenkdiens-vir-gestorwe-majoor/

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA