(Jwplayer)

February 11, 2016

RACIAL #ATTACK: Louis Trichardt family living in fear after black on white attack


#StopWhiteGenocideInSA

Foto's wat die Bezuidenhout-gesin van Louis Trichardt geneem het kort na die aanval op hulle in die parkeerarea van Pick n Pay by die Makhado Crossing

POSTED BY: PRAAG 11 FEBRUARY 2016
Wit gesin van Louis Trichardt leef in vrees na rasaanval
‘n Wit gesin van Louis Trichardt leef in vrees, nadat hulle betrek is by ‘n rassevoorval die afgelope naweek.

Elsabe Bezuidenhout van Louis Trichardt het Saterdag ‘n kennisgewing op haar Facebook-blad geplaas, nadat sy aangeval is deur ‘n groep swartes. Die voorval het hom afgespeel in die parkeerarea van die Makhado Crossing.

Volgens Bezuidenhout het ‘n swartvrou haar en haar man begin vloek en dreig nadat hulle haar aangespreek het omdat sy voor hulle probeer indruk het by die kassiere. Dié swarte, wie se identiteit nog nie bekend is nie, het toe glo omgedraai en Bezuidenhout begin uitskel. Sy het Bezuidenhout glo toegesnou dat dit haar land is en dat sy kan maak net wat sy wil. Verder het die vrou ook Bezuidenhout ‘n “white pig” genoem.

Buite Pick n Pay, toe die Bezuidenhouts hulle kruideniersware wou inlaai, het die swartvrou hulle ingewag met ‘n skare ander swartes. Die spul het agter die Bezuidenhouts aangeloop, hulle arms stukkend gekrap en, volgens Bezuidenhout, hulle toegesnou “we will kill all you f@#$king white pigs and white f$#@king whores!!”

Bezuidenhout sê sy het gevrees vir haar lewe en probeer om die swart vrou en skare saam met haar te ignoreer. Die swart vrou het hulle gevolg tot by hulle motor en “met haar vieslike vuil naels” gekrap. “Hoe moet ek dit vir my histeriese kinders verduidelik,” vra Bezuidenhout in haar inskrywing. “Met ‘n hele skare saam met haar kon ons onsself nie eers verdedig nie.”

In die veiligheid van hul motor het die skare steeds aangehou om met hulle vuiste op die enjinkap te slaan, totdat Bezuidenhout en haar gesin daarin kon slaag om weg te jaag. “Gelukkig was my vriendin daar en sy kon help om my twee kinders vinnig in die veiligheid van die motor kry,” het Elsabe gesê.

Volgens Bezuidenhout het die veiligheidswagte in die parkeerarea net toegekyk het hoe sy en haar gesin aangerand word. Sy was wel dankbaar vir die motorwag wat ‘n poging aangewend het om die situasie te ontlont. Dit het die gesin kans gegee om hulle kruideniersware in te laai en weg te ry.

Elsabe se storie het ‘n herrie op haar Facebook-profiel ontketen. Teen Maandagoggend het die inskrywing oor die 7 000 trefslae gehad en is ‘n paar duisend keer gedeel of aangestuur na ander gebruikers of instansies. Bezuidenhout het Dinsdag gesê sy het haar profiel gesluit, omdat sy en haar gesin vir hul lewens vrees.

Sy het bevestig dat hulle besluit het om eerder hul saak wat hulle by die Makhado Polisie geopen het vir verdere ondersoek, te sluit. “Ons wil hê hierdie saak moet nou net verby en agter die rug kom,” het sy gesê.

Intussen is verneem dat die sekuriteitsmaatskappy onder die bestuur van Makhado Crossing val. Die sentrum se bestuurskantoor het Dinsdag gesê hulle is nie bewus van enige voorval of dat daar ‘n klag by hulle ingedien is nie.

Die navrae is met die maatskappy, Corporate Image, opgeneem. Hulle hanteer alle media-aangeleenthede namens Redefine, die eienaars van Makhado Crossing. Corporate Image het Woensdag in ‘n e-pos gesê dat hul sekuriteitswagte aan hulle gerapporteer het dat hulle ‘n “verbale onderonsie” gehad het. “Geen amptelike klag is by die sentrum se bestuur ingedien nie, en daar is ook nie ‘n aansoek gebring [deur die Bezuidenhouts] vir videomateriaal nie,” het die e-pos gelees.

Gerugte, het Corporate Image gesê, dat die sentrum se sekuriteitskameras vir maande al buite werking is, is onwaar. Volgens die sentrum het die kameras onklaar geraak weens ‘n kragonderbreking die dag voor die insident. “Die kameras is nou weer herstel en in werkende orde,” het die maatskappy gesê. Die koerant het egter betroubaar verneem dat die kringtelevisiekameras in en om Makhado Crossing vir ‘n geruime tyd reeds buite werking is.

Intussen probeer die ANC, by monde van die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, wittes voorhou as “rassiste” wat aan strenger wetgewing onderwerp moet word.
http://praag.co.za/?p=36476

#StopWhiteGenocideInSA