(Jwplayer)

March 24, 2016

#ATTACK: Afrikaners newspaper delivery man & woman attacked by a black attacker with a pickaxe in Port Elizabeth

Estelle Barnard seriously injured after pickaxe attack 
GENOCIDE VICTIMS: Afrikaners: 
Nico Vermaak and Estelle Barnard, 
survived, but Estelle sustained injuries to her neck and back
#StopWhiteGenocideInSA



Koerant-afleweraar met pik gekap - en werk toe verder

Skaars vier en ’n half uur nadat Estelle Barnard (61), ’n koerantafleweraar van Die Burger in Port Elizabeth, met ’n pik in die rug en nek gekap is, was sy – teen doktersbevele in – terug op haar afleweringsroete.

Barnard, wat nog erg geskok is oor die voorval, vertel: “Toe ek Donderdagoggend om 02:50 uit die motor klim om die koerant af te lewer, sien ek ’n man met ’n pik agter die bossies staan. Toe hy op my afstorm, hardloop ek terug na die motor en spring in.”

Maar Barnard was te laat. Sy moes in die motor koes vir die pik wat met mag deur die ruit geslaan is. Sy is in die nek en rug getref.

Barnard en Nico Vermaak (60) lewer al die afgelope 16 jaar Die Burger in verskeie Baaise woongebiede af.

Donderdagoggend se drama in Kerkstraat, Walmer, het nie met die eerste pikhou gestop nie. “Hy loop toe nog om die kar en kap ’n gat in die bak,” sê Barnard, “Nico het nog oor my geworry wat so bloei, toe sê ek vir hom ‘Ry! hierdie ou gaan ons dood kap!’.”

Vermaak het die motor vinnig teruggestoot, maar die aanvaller het nog ’n hou, dié keer op die dak aan sy kant, ingekry. “As dit ’n sentimeter verder was, sou die pik my kop binnegedring het,” sê Vermaak.

Hulle het reguit na die Walmer-polisie met die erg vernielde motor gery om die saak aan te meld. “Toe sê die polisie ek moet eers mediese behandeling ontvang, en toe gaan ons na die St. Georges-hospitaal,” sê Barnard.

Daar het sy steke aan haar diep rugwond gekry en X-strale is van haar nek geneem. “Toe sê die dokter ek moet bly vir waarneming, ’n nekwerwel het seergekry,” sê Estelle, wat toe tog geweier het om te bly “want die koerante moet nog afgelewer word”.

Nadat sy dokumente onderteken het dat sy op eie risiko die hospitaal verlaat, het sy haar dogter, Marize, gebel om haar motor te bring sodat hulle die koerantaflewerings kon voortsit. Hulle is toe reguit na Kerkstraat waar hul aflewerings deur die pikaanval onderbreek is.

Tot hul grootste verbasing staan hul aanvaller by die spesifieke huis toe hulle omstreeks 06:40 daar opdaag. “Saam met die dominee! Hy het hom seker gebel ná die aanval. Toe hy ons sien, roep hy uit ‘Oh God, it’s them!’ En hy val op sy knieë en hy roep weer uit ‘Oh God, it’s a mistake!’.”

“Hy praat Afrikaans met ons en Engels met die dominee,” vertel Nico verder, “en hy sê hy pas sy bejaarde pa, blykbaar ’n afgetrede dokter, op. Hy het die motor die vorige aand gehoor en gedink dis mense wat hulle wil aanval. Hy het ook gesê hy sal vir alles betaal.”

Daar is intussen vasgestel dat die pikhou deur die enjinkap tot in die enjinsilinder gedring het. Barnard en Vermaak het ook ’n amptelike klag by die Walmer-polisie aanhangig gemaak.

“Dit voel soos ’n movie,” het Barnard ná alles gesê, “ek meen, daar in Kerkstraat, vier en ’n half uur later, staan ons aanvaller toe daar met die dominee… en ek is bly toe ek hom sien, want as hy nie daar was nie, sou ek te bang gewees het om voortaan in dié straat koerante af te lewer.”

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/koerant-afleweraar-met-pik-gekap-en-werk-toe-verder-20160324
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1139334322778293&id=100001052088819&comment_id=1139334796111579&ref=m_notif&notif_t=comment_mention&actorid=100001052088819

#StopWhiteGenocideInSA