(Jwplayer)

March 16, 2016

#ATTACK: Black taxi driver arrested and recently released on bail after trying to push a Afrikaner police woman's car off the road & assaulting her

Kapt. Ronel Bekker.
GENOCIDE VICTIM: Afrikaner Captain Ronel Bekker was hit with the fists against the lower jaw and lip
Mnr. Willem Swart.
Afrikaner man, Willem Swart helped to catch the black attacker
#StopWhiteGenocideInSA

Polisievrou sit man agterna – in hakskoene en ‘n romp

n Plaaslike swart taxibestuurder het onlangs kniediep in die moeilikheid beland toe hy na bewering roekeloos bestuur, ‘n polisievrou aangerand en haar gevloek het.
Hy het glo hierna vir haar weggehardloop en is uiteindelik selle toe nadat sy hom, in haar formele polisiedrag en hofskoene, agternagesit het. Die rits gebeure wat tot die arres van mnr. Siyabonga Mhlabane gelei het, het Dinsdag plaasgevind.
Volgens die stad se polisiewoordvoerder, kapt. Dawie Pretorius, het die slagoffer, kapt. Ronel Bekker, haar polisievoertuig in Andersonstraat bestuur toe sy opmerk dat ‘n minibus roekeloos bestuur word.
Sy het die bestuurder met haar wysvinger gemaan om versigtiger te bestuur, waarna Mhlabane haar glo ‘n vloekwoord toegesnou het. Volgens Pretorius, het Mhlabane Bekker se voertuig van die pad af probeer stoot nadat beide motors die kruising tussen die Ou Pretoria-pad en die R40 oorgesteek het.
Bekker het die taxibestuurder beveel om langs die pad af te trek en aangespreek, waarna hy haar na bewering weer gevloek het.
“Ek het gepoog om die minibus se sleutel uit te haal, omdat die bestuurder ‘n gevaar was vir ander motoriste, net om agter te kom dat die motor gehotwire was,” het Bekker in Pretorius se teenwoordigheid aan Nelspruit Post gesê.
“Die verdagte het my weggestamp en met die vuis teen my onderkaak en lip getref,” het Bekker Woensdag aan dié publikasie vertel.
Die minibus is daar weg en Bekker is in haar polisievoertuig agterna. Toe sy kombi by die Brewer’s-vulstasie tot stilstand kom, het Bekker hom aan sy hemp beetgekry en vir hom gesê: “Meneer, ek arresteer jou omdat jy roekeloos en nalatig bestuur en ‘n polisiebeampte gevloek het.” Mhlabane het hom egter uit sy hemp gewriemel en het kaal bolyf laat spaander.
“Ek is toe maar in my formele polisiedrag, nou met my romp en hofskoene ook, agter hom aan,” het sy gesê.
Die formele polisie-uniform het natuurlik ‘n demper op Bekker se hardloopspoed geplaas.
Die uitkoms – vergestalt in die vorm van mnr. Willem Swart van Van Wettens Insleepdienste – het hiervoor vergoed. Swart was toevallig besig by ‘n ongelukstoneel by die kruising tussen die N4 en Kaapsehoop-pad. Hy het eers die man sonder ‘n hemp sien nael en dit effens vreemd gevind.

“Toe sien ek die polisie is agter hom aan en toe sit ek hom agterna,” het hy aan Nelspruit Post gesê. Swart het Mhlabane by Newman Distributors in Stinkhoutsingel ingehaal.
“Ons het net daar vir Bekker gestaan en wag,” het hy gesê. Mhlabane is toe ook daarvan aangekla dat hy arrestasie probeer ontvlug het.
Klagtes van crimen injuria en aanranding is intussen teen hom gelê. Mhlabane het Vrydag in die Nelspruit Landdroshof verskyn. Hy is op R1 000 borg vrygelaat en moet op 12 April weer in die hof verskyn. Die minibus wat hy bestuur het, is onpadwaardig bevind en afgeskryf.
http://nelspruitpost.co.za/221894/polisievrou-sit-man-agterna-in-hakskoene-en-n-romp/

#StopWhiteGenocideInSA