(Jwplayer)

March 25, 2016

#ATTACK: Girl (7) & her grandmother were attacked & both brutally assaulted by black attackers in Mountain View

Die sewejarige is ook aangerand. Foto: Verskaf
GENOCIDE VICTIM: 7 year-old girl
#StopWhiteGenocideInSA

Kleinkind en ouma aangerand

Die sewejarige is ook aangerand. Foto: Verskaf

‘n Sewejarige dogtertjie en haar ouma is Donderdagmiddag in Mountain View deur rowers oorrompel en aangerand.

Die ma van die dogtertjie, Nadia Smit Lottering, sê haar dogter het by haar skoonma gebly deur die dag omdat dit skoolvakansie is. Die name van die dogtertjie en ouma word op versoek weerhou.

“Hulle het so 3 uur die middag in die sitkamer gesit toe daar twee mans deur die agterste venster geklim het,” sê Lottering.

Die mans het vir die vrou gewys om stil te bly en ook om die kind stil te hou.

“Hulle het my skoonma toe aangerand met ‘n stuk yster. My dogtertjie het begin huil en geskree vir haar ouma. Dit is toè dat een van die mans my dogtertjie op die bank vasdruk en haar ook begin slaan het.”

Lottering sê haar skoonma het tydens die aanval haar bewussyn verloor.

Toe sy bykom was die mans weg met drie van haar ringe en horlosie. Die mans het glo deur haar kaste ook gekrap maar daar word tans niks anders as die juwele vermis nie.

“My ma het haar selfoon in haar onderklere weggesteek en hulle kon my toe gelukkig bel.”

Die dogtertjie het ‘n knop op haar kop en verskeie merke waar die staal haar gekneus en oopgesny het.

“My skoonma het minstens vier kopwonde en haar oog is beseer. Sy het ook ‘n slegte sny op haar hand en ligte harsingskudding,” sê Lottering.

Lottering sê die aanval laat haar moedeloos.

“Daar is nie veel wat mens kan doen nie. As hulle wil inkom sal hulle inkom.”

Polisiewoordvoerder Kaptein Augustinah Selepe sê niks is by die Hercules-polisiestasie aangemeld nie.
http://rekordmoot.co.za/68724/kleinkind-en-ouma-aangerand/

#StopWhiteGenocideInSA