(Jwplayer)

March 23, 2016

#ATTACK: Woman attacked and assaulted by two black attackers, neighbors caught one suspect

A woman was attacked & brutally assaulted by black attackers on Wednesday morning at her home in Uitsig, Bloemfontein
Jana Marinkov (58) sustained a broken rib and a broken nose as a result of the attack
GENOCIDE VICTIM: Jana Marinkov by her husband, Ivan, helped her to get into the vehicle to take her to hospital. She was attacked and brutally assaulted by two black attackers in her home in Uitsig, Bloemfontein
#StopWhiteGenocideInSA

'N Vrou van Kroasië is Woensdagoggend in haar huis in Uitsig, Bloemfontein deur twee mans oorval, aangerand en beroof.
Jana Marinkov (58) het 'n gebreekte rib en 'n gebreekte neus in die voorval opgedoen.
Die twee verdagtes het omstreeks 09:15 oor die huis se muur gespring het, toegang deur 'n venster aan die agterkant van die huis gekry het en haar oorval en aangerand.
Ivan, haar man, sê sy is nog onder sterk verdowing.
"Ons is net bly dat dit nie erger was nie," sê hy.
Marinkov was alleen by die huis. Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die aanvallers haar met 'n stomp voorwerp oor die kop geslaan.
Marinkov het gesê dat sy nie veel kan onthou nie, maar wel dat sy hard teen hulle terugbaklei het.
"Ek het aanhou baklei en 'n gebyt, maar hulle was te sterk vir my," sê sy.
Hulle het weggehardloop toe sy begin skree het.
Flinke optrede deur haar bure en die plaaslike buurtwag het gehelp dat een van die twee verdagtes vasgetrek is.

Louis de Beer, 'n modelmaker van Transwerk en Marinkov buurman, sê sy 44ste verjaarsdag kon nie meer opwindend wees nie.
Hy en sy seun, Morné (21) 'n derdejaar B.Rek-student, het agter in die huis TV gekyk toe hulle 'n vrou hoor gil.
"Ons het uitgegaan en by die huis langsaan gaan kyk wat fout is," sê hy.
"Ons het 'n man vinnig in die straat af sien wegstap. Die motorhuisdeur was halfpad oop.Die hond was daar binne, maar hy het na die agterkant van die huis gestaan ​​en blaf. "
De Beer het oor die heining van die huis gekyk. Dit is toe dat die ander verdagte om die huis gehardloop kom.
"Ek het net vir Morné geskree: 'Keer hom! Hy gaan oor die heining spring. ' En Morné het hom agterna gesit. "
De Beer se skoonma, Patrys Coetzee, het intussen die buurtwag laat weet dat daar moeilikheid is.
Binne twee minute was Gert Jacobs, patrollie-koördineerder van die sektor 4- AfriForum-buurtwag, Kobus Griesel en Wimpie Geyer op die toneel.
"Ons het vandaar oorgevat en die polisie ontbied," sê Jacobs.
Die buurtwag het kontant asook juweliersware en 'n selfoon by die vasgetrekte verdagte gevind.
"Dis jammer die ander een het nou weggekom, maar ons soek hom," sê Jacobs.
Die Marinkovs bly al vir 20 jaar in Bloemfontein.
Marope sê 'n klag van huisroof word ondersoek.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vrou-in-huis-oorval-bure-trek-een-verdagte-vas-20160323

#StopWhiteGenocideInSA