(Jwplayer)

March 21, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Black resort worker pleads guilty to beating white female resort manager several times with a hammer

GENOCIDE ATTACKER: Boiki Motaung (25) admitted that he attacked Gillian Foster, manager of a resort with a hammer
GENOCIDE VICTIM: Gillian Foster (44) was seriously injured when she was attacked with a hammer at a resort near Naboomspruit and after two weeks still in the Potgietersrus Hospital...There is a possibility of transferring her from Potgietersrus Hospital to Unitas-hospital in Pretoria over the weekend
#StopWhiteGenocideInSA

Die man wat ’n bestuurder van ’n vakansieoord buite Naboomspruit etlike kere met ’n hamer geslaan het, het met sy eerste verskyning in die landdroshof skuld beken.

Boiki Motaung (25) het Vrydag in die Mookgophong-landdroshof skuldig gepleit op aanklagte van aanranding met die opset op ernstig te beseer, sakeroof met verswarende omstandighede en diefstal van ’n motor.

Motaung het by die Bothania Hills-vakansieoord gewerk.

Hy het sowat twee weke gelede vir Gillian Foster (44) met ’n hamer oor haar kop en in haar gesig geslaan.

Iain Foster, Gillian se broer, sê hy hoop Motaung “gaan vir 200 jaar tronk toe”, vir wat hy aan sy suster gedoen het.

“Dank die Here hy is in hegtenis geneem. Geregtigheid moet nou geskied.”

Foster is in haar kantoor in die ontvangsarea by die vakansieoord deur Motaung oorval en aangerand. Dit is nog nie duidelik hoekom hy Foster aangeval het nie.

Ao. Barend van Wyk van die polisie se speurtak in Mookgophong het onverpoos saam met oudkol. Gawie (Sakkie) Louwrens en sy span van Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsgroep, gewerk om Motaung in hegtenis te neem.

Hulle het hom verlede week by ’n huis in Heidelberg in Gauteng in hegtenis geneem.

Foster se wit Fiat Pallio is by sy huis in Heidelberg gekry.

Vic en Liza Steijn, eienaars van Bothania Hills, het gesê Foster se handsak met haar bankkaarte, twee selfone en kontant is nie gesteel nie.

Foster is na die Mokopane-hospitaal in Mokopane (Potgietersrus) gehaas waar sy behandel is.

Iain sê dit gaan nie goed met sy suster nie. Sy is Sondag na die Unitas-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Hy sê sy het baie pyn. Van haar tande is gebreek en sy het verskeie steke op haar kop, gesig en neus. Sy het geheueverlies en skanderings sal gedoen word om vas te stel of sy breinbeserings opgedoen het.

“Sy is ’n vegter, maar dit gaan ’n ruk vat voordat sy ten volle van haar beserings herstel het.”

Motaung verskyn weer Donderdag in die Mokopane-streekhof.

HPG, wat uit oudpolisielede en spoorsnyers bestaan, werk nou saam met die polisie om misdaad in Limpopo te voorkom en op te los. Hulle het verlede week ’n vermeende reeksverkragter in Northam in hegtenis geneem en het Maandag ’n rooftog by ’n petroldepot in Thabazimbi gefnuik.

Louwrens sê hulle beplan om hul dienste na Noordwes en Gauteng uit te brei.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/werker-beken-hy-takel-vrou-by-oord-met-hamer-20160321

#StopWhiteGenocideInSA