(Jwplayer)

March 22, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Casey family attacked by three black attackers, the father was shot twice on their Hill View farm, about 20 km from Nelspruit

GENOCIDE VICTIMS: Grant Casey, who was shot and wounded in an attack on his farm near Schagen, and his wife, Anekae

#StopWhiteGenocideInSA



n Swaar gewonde man, sy vrou en hul twee jong kinders moes toekyk terwyl drie rowers hul huis omkeer op soek na geld en vuurwapens.

Grant Casey (48), sy vrou, Anekae, en hul kinders, Colin en Mikaela, is eergisteraand omstreeks 19:00 op hul plaas Hill View, sowat 20 km van Mbombela (Nelspruit) af, aangeval.

Casey was in sy kantoortjie op die agterstoep van die huis doenig toe een van die rowers instap en sonder om 'n woord te sê op hom skiet, volgens 'n vriend wat nie sy naam genoem wil hê nie. Hy is in die linkerskouer en -heup gewond.

Die ander rowers is by die huis in en het Anekae en die kinders oorval en met toue vasgebind.

Die rowers het Casey later by die huis ingesleep en ook vasgebind.

Die rowers, wat almal met 9 mm-pistole gewapen was, het verskeie elektroniese toestelle, selfone en 'n vuurwapen gesteel en in die Caseys se silwer Toyota Fortuner daarmee gevlug.

Die gesin het langer as 'n halfuur gesukkel om hulle los te woel en hulp te ontbied.

Intussen het Anekae haar gewonde man tot in die gesin se ander motor gehelp en saam met haar kinders na Nelspruit Mediclinic gejaag.

Die polisie het met behulp van die Fortuner se opsporingstelsel gesien hoe die rowers deur verskeie gebiede naby Mbombela ry voordat hulle op die N4 in die rigting van Komatipoort gejaag het.

Die polisie het die voertuig naby Malalane voorgekeer, maar die rowers het die bosse ingevlug.

Sers. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, sê daar word steeds na hulle gesoek.

Robyn Baard, woordvoerder van Mediclinic, sê Casey se toestand is stabiel. Hy is gister geopereer.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/gewonde-man-en-gesin-moes-kyk-hoe-rowers-soek-na-buit-20160322

#StopWhiteGenocideInSA