(Jwplayer)

March 17, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Afrikaner farmer, Kobus Visser (54) attacked & stabbed to death by black farm attackers on his farm in the Western Cape



ʼn Wes-Kaapse man is Dinsdagaand op ʼn plaas in die Overbergdistrik  naby  Bredasdorp vermoedelik deur veediewe met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Hendrieka Visser het Donderdag aan Maroela Media gesê die omstandighede rondom haar man, Kobus (54), se dood is nog nie duidelik  nie. Sy het verduidelik  dat Kobus sedert 2009 vir ʼn maatskappy gewerk het wat die veiligheid op ʼn klomp plase in die distrik behartig  het.  “Hy  is  Dinsdagaand uitgeroep na ʼn plaas waar die mense iets gehoor het, vermoedelik veediewe. Ek weet nie wie hom gebel het om te gaan kyk nie, maar hy het gegaan,” het  sy gesê. “Later  die  aand het hulle my gebel om te hoor of ek enige kontak met Kobus gehad het, want hulle bel  hom maar hy antwoord nie. Hulle het na hom gaan soek en een van die boere het hom in die veld  gekry.” Kobus is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, maar dit is nie duidelik hoeveel steekwonde aan sy liggaam  gevind is  nie.  Volgens Hendrieka is dit die eerste keer wat Kobus so direk in gevaar gestel is  sedert  hy as veiligheidsbeampte  begin werk het. “Daar het nog nooit so iets met enige van die veiligheidsbeamptes gebeur nie,” het sy hartseer gesê.
“Kobus was my ander helfte, my pasmaat. Hy was die legkaartstuk wat die prentjie van my lewe volgemaak het.” Konst.  Noloyiso  Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak van moord ondersoek word. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Behalwe sy vrou laat Kobus ook sy vier kinders en twee kleinkinders agter. Geen begrafnisreëlings is  nog getref  nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-op-plaas-doodgesteek-hy-was-my-ander-helfte/

#StopWhiteGenocideInSA