(Jwplayer)

March 8, 2016

#Murder: Teen (16) was killed in the #Tokai forest, Cape Town on Monday

Tokai-Murder: Dad gets call from his dead daughter's cell phone
#StopWhiteGenocideInSA


Tokai-moord:  Pa kry oproep van dogter se foon
Die 16-jarige  meisie  wat Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike  voorstede  van  Kaapstad vermoor is, se naam is bekend. Thomas Knemeyer, ʼn raadslid van die Constantia Waldorf-skool, het  bevestig  Franziska  Blöchliger  was ʼn gr. 10-leerling  aan  die skool.  “Sy  was ʼn skaam teruggetrokke meisie. Sy was vriendelik,” het  Knemeyer gesê. Volgens hom is daar Dinsdagoggend ʼn roudiens by die skool gehou. “Ons gaan ook vanaand ʼn optog hou in solidariteit. Mense van die gemeenskap gaan saamkom. Tokai-woud is ʼn gewilde plek waar mense stap en draf.” Volgens Knemeyer, wat by Franziska se ouers was toe Maroela Media met hom gepraat het, het Franziska  se  pa, Andreas, Maandag omstreeks 17:00 ʼn oproep van sy dogter se foon af ontvang. “Hy kon iemand anders se stem hoor. Ons vermoed dit was moontlik die persoon wat haar vermoor het. Die foon is ons grootste hoop dat die polisie die skuldige sal vastrek. Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/skok-na-moord-intokai-woud/) dat  Franziska  Maandagmiddag saam met haar ma en suster met die gesin se hond in Tokai  gaan stap het. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verder aan weer ontmoet. Haar ma het bekommerd geraak toe sy na ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en alarm gemaak. Lt.kol.  André  Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se lyk is Maandag omstreeks 18:15 in Dennedalweg gevind. “Ons vermoed sy is verwurg.” Knemeyer het gesê Andreas is van Switserse afkoms en sy vrou, Shireen, van Russiese afkoms. “Hulle  het  dubbele burgerskap en is ʼn baie groot familie. Die moord op Franziska raak baie mense.” Maroela Media verneem die gesin woon in Muizenberg en dat Andreas en Shireen ʼn gastehuis in Kalkbaai besit en bedryf.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/tokai-moord-pa-kry-oproep-van-dogter-se-foon/

#StopWhiteGenocideInSA