(Jwplayer)

April 4, 2016

ANOTHER #MURDER: Elderly Afrikaner woman found dead on Monday morning in her townhouse in Navalsig, Bloemfontein. She was beaten to death with a hammer

#StopWhiteGenocideInSA

Polisiebeamptes vir die Bergmeent-meenthuiskompleks in Raymond Mhlabastraat, Navalsig, waar 'n bejaarde vrou vermoor is

'N Bejaarde vrou is Maandagoggend in haar meenthuis in Navalsig, Bloemfontein, dood gevind.

Sy is vermoedelik met 'n hamer doodgeslaan.

Polisiebeamptes, onder wie forensiese ondersoekers en lede van die honde-eenheid, was teen middagete steeds op die toneel waar die 72-jarige vrou dood gevind is.

Rina Hendricks, 'n motorwag, het alleen in die meenthuis in die Bergmeent-meenthuiskompleks in Raymond Mhlabastraat gebly.

Volgens inwoners moes die moord Sondag omstreeks 20:00 plaasgevind het, want dit is wanneer sy gewoonlik by die huis kom.

"Dit is baie erg. Sy was 'n karwag en het gewoonlik tot 20:00 by die Spar onder in die straat karre opgepas.

"Sy was 'n lieflike, saggeaarde mens wat niemand sou seermaak nie. Sy was weerloos en sou nie terug kon baklei nie, "het die twee vroue gesê.

Netwerk24 verneem 'n huishulp het op die vermoorde Hendricks afgekom toe sy vir werk opgedaag het.

Dit is onseker hoeveel mense by die moord betrokke was.

Die polisie kon ook nie dadelik sê of iets uit die huis vermis word nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bfn-karwag-glo-met-hamer-in-meenthuis-vermoor-20160404

#StopWhiteGenocideInSA