(Jwplayer)

April 29, 2016

#ATTACK: ▶URGENT◀: BLOOD DONORS NEEDED after a elderly Afrikaner woman was brutally attacked & assaulted by blacks at home

Family ask the public to please donate blood at the nearest blood bank.....

#StopWhiteGenocideInSA

Bejaarde wag vir bloed ná wrede aanval

‘n Bejaarde vrou van Mountain View is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy Woensdagmiddag wreed aangeval is.

Ella van der Berg (85) was alleen by die huis toe rowers haar oorrompel het.

“Sy was besig om oor die foon te praat. Die honde het geblaf maar toe was die rowers reeds in die huis. Hulle het haar wreed aangeval,” vertel Van der Berg se oudste dogter, Lena Venter.

Venter sê haar ma het meestal ernstige kopbeserings opgedoen.

“Sy het twee frakture in haar kakebeen en soos hulle haar gewurg het is haar strottehoof beseer en sy sukkel om asem te haal. Sy het ‘n gat in haar kop wat dokters met krammetjies geheg het,” sê Venter.

Van der Berg sal na verwagting Sondag geopereer word en is tans in die Eugene Marais-hospitaal.

Venter sê haar ma is onder sedasie asook aarvoeding en moet baie rus.

“Buiten die probleem dat die swelling op haar brein en gesig eers moet sak voor dokters kan opereer, is ‘n tekort aan bloed ‘n groot probleem,” sê sy.

Venter sê die familie doen ‘n dringende beroep op mense om bloed te gaan skenk by hul naaste bloedbank.

“Die bloedbanke het nie bloed. Dit is nie net vir my ma nie, hier is baie pasiente wat wag vir bloed. Dit is baie belangrik dat almal wat kan, bloed gaan skenk,” sê sy.

Sy sê mense van enige bloedgroep kan skenkings maak omdat die bloed altyd gebruik sal word.

“Ons kon een sakkie bloed vir haar in die hande kry en hulle gee dit nou vir haar todat hulle meer kan kry.”

Van der Berg is van die O+ bloedgroep.

Volgens Venter word die saak nog deur die polisie ondersoek.

“Die ondersoek is in ‘n sensitiewe stadium.”

Venter sê die diewe het ‘n trouring van Van der Berg se vinger afgesteel asook ‘n leë beursie en ‘n bankkaart.

“Terwyl daar so baie items in die huis was wat hulle kon steel, het hulle eerder my ma geteiken.”

Sy het ‘n beroep op families gedoen om nie bejaardes alleen by die huis bedags te los nie.

“Ek wil vir kinders vra om eerder hul ouers in ‘n ouetehuis te plaas waar hulle 24 uur per dag die nodige sorg en sekuriteit ontvang. Kinders kan nie hul bejaarde ouers alleen by die huis los nie, dit is dan wanneer sulke wreede dinge plaasvind,” sê Venter.

Venter sê verdagtes het ses weke gelede ook probeer om by dieselfde huis in te breek.

“Die einste voorval het ses weke gelede ook gebeur. Hulle het probeer om by die agterdeur in te kom maar gelukkig het my ma hulle betyds gesien en kon sy die sektorpolisie in kennis stel voor hulle ingekom het.”

Sy sê diewe hou huise dop en weet presies wie in sekere huise is en wanneer.

“Ek voel hulle is besig om ou mense in Mountain View te teiken wat alleen by die huis is,” sê Venter.
http://rekordmoot.co.za/71324/bejaarde-wag-vir-bloed-na-wreede-aanval/?platform=hootsuite

#StopWhiteGenocideInSA