(Jwplayer)

April 29, 2016

#CulturalGenocide: No more Afrikaner sports for Afrikaner boys...? Afrikaner boys will now be forced to play soccer!! #AttackOnWhiteAfrikanerSport





Wit Afrikanerseuns gaan gedwing word om sokker te speel: sportminister

Die minister van sport, Fikile Mbalula, het vir nog ‘n sportskok gesorg deur die Suid-Afrikaanse sokkerfederasie opdrag te gee om sokker “vinniger op (meesal blanke) model C- en privaatskole aan te bied”. Soos voorheen hier op PRAAG berig is, het Mbalula die sportliggame vir rugby, krieket, netbal en atletiek ‘n sokkerskop in die smoel gegee deur hulle te verbied om enige internasionale toernooie in die land aan te bied totdat hulle heeltemal swart is. Die minister het na die huidige demografie vir kinders onder 18 verwys waarvan 84 uit 100 blykbaar swartes is, met die implikasie dat alle sportspanne óók 84 persent swart moet wees.

Die vervanging van blankes met swartes op alle gebiede staan in Suid-Afrika as “transformasie” bekend. Daarom het Mbalula vandeesweek in Pretoria die SA sokkerfederasie gelukgewens en gesê: “Ek is verheug dat die SASF sy transformasieteikens behaal het. Ek gaan egter ‘n ministeriële opdrag aan die SASF uitreik as gevolg van hul swak vordering om voormalige model-C- en privaat skole met sokker binne te dring.”

Hierdie skole doen meesal atletiek of krieket in die somer, met rugby en hokkie as wintersporte. Terwyl Engelse skole dikwels ook sokker speel, is daar geen sokker op Afrikaanse skole nie.

Mbalula teiken veral die Afrikaanse skole waar wit seuns gedwing gaan word om sokker te speel. Aangesien hulle nie toegelaat sal word om vanweë hul ras op provinsiale of nasionale vlak deel te neem nie, is dit onduidelik wat die doel van die oefening is, behalwe om skole onder die indruk van die ANC-SAKP se mag te bring.
http://praag.co.za/?p=37957

#StopWhiteGenocideInSA