(Jwplayer)

April 28, 2016

DOUBLE #MURDER: UPDATE: Elderly couple found dead with cigarette burns on their bodies in their garage

...their hands and feet were tied with wire...


Egpaar met sigaret-brandwonde dood in motorhuis gekry

’n Bejaarde Wes-Randse egpaar is Dinsdag dood in hul motorhuis aangetref met sigaret-brandmerke aan hul liggame en met hul hande en voete wat met draad vasgebind is.

Dié skokontdekking is omstreeks 11:00 by hul huis in Florida deur hul seun en huishulp gemaak.

Alles was glo stil toe die huishulp vroeër by die huis aankom. Sy het onraad vermoed en het die egpaar se seun gebel.

Hulle het die huis, wat geplunder is, deursoek en die egpaar in die motorhuis aangetref.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê dit is in hierdie stadium nog nie bekend wat tot die egpaar se dood gelei het nie.

“Die polisie wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek,” sê Dlamini.

Die motief vir die aanval was vermoedelik huisroof.

Dit is nie bekend wat alles uit die huis gesteel is en hoeveel verdagtes betrokke was nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/egpaar-met-sigaret-brandwonde-dood-in-motorhuis-gekry-20160427

#StopWhiteGenocideInSA