(Jwplayer)

April 29, 2016

Family devastated after Afrikaner singer died in crash; musical instruments disappeared from accident scene

Afrikaner singer Bertie van Wijk died in a car accident in March
#StopWhiteGenocideInSA

Familie verpletter ná ongeluk Afrikaanse sanger eis en sy rekenaar met nuwe musiek van toneel verdwyn

Arie van Wijk sluk swaar aan die trane toe hy vertel van die swaarste dag van sy lewe: die dag toe sy seun, die jong opkomende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Bertie van Wijk, skielik in ’n motorongeluk oorlede is.

Die opkomende Afrikaanse sanger Bertie van Wijk is in Maart skielik in ‘n motorongeluk oorlede. Foto: Verskaf

“Niks berei mens ooit voor vir so ’n groot verlies nie,” sê Arie, ’n tegniese bestuurder van Centurion.

Bertie, oorspronklik van Klerksdorp, was ’n voltydse sanger en ’n gereelde gesig by kunstefeeste. Hy het talle dorpies in en om die Vaaldriehoek gereeld besoek.

Hier sing Bertie een van sy treffers, Rooigrond.

Op 20 Maart vanjaar het hy opgetree by ’n geleentheid op Cullinan, sowat 30 km oos van Pretoria. Die volgende dag sou hy by die Lekkerrus-vakansieoord op Mookgopong sing.

Laataand het hy en ’n kennis uit die musiekbedryf die langpad aangepak. “Uit die polisieverslag blyk dit Bertie het op die agtersitplek gelê en slaap. Die bestuurder het sowat 5 km buite Bela-Bela beheer oor die motor verloor en dit omgegooi,” vertel Arie.

Bertie is uit die voertuig uitgeslinger en op die toneel oorlede. Die ongeluk het iewers tussen tien- en elfuur die aand gebeur.

Sy suster, Tanja Lotz, ’n administrateur van Johannesburg, sê volgens die polisie was geen ander voertuie betrokke nie. Die bestuurder het die ongeluk oorleef.

“Wat gebeur het, is moeiliker en seerder as enigiets nog in my lewe,” sê Arie. Buiten sy ouers en suster laat Bertie ook sy vriendin, Karin Friedman, en hul vier maande oue dogter, Leanè, agter.
Bertie en sy lewensmaat, Karin Friedman van Lichtenburg, en hul babadogtertjie, Leanè.

Karin sukkel ook om sy dood te verwerk. “Ek verlang na jou . . . Asseblief, Here, gee my net krag,” smeek sy op Bertie se Facebook-blad. “Ek wens ek kon nog net vyf minute met jou deel. Ek soek jou arms om my en ’n soentjie op my voorkop soos dit altyd was; terwyl jy vir my sê alles sal oukei wees. Ek het jou nodig, my engel. Leanè het jou nodig.”

Tanja vertel die familie is nie net gebroke oor haar broer se skielike dood nie. “Al sy persoonlike besittings is op die ongelukstoneel uit die motor gesteel,” vertel sy.

Bertie se klankbord, skootrekenaar, tablet, hardeskyf en mikrofoon is weg, sê die familie. Sover hulle weet, was al hierdie items ongeskonde. Sy geliefde kitaar is egter verwoes.
Bertie se geliefde kitaar is in die ongeluk verwoes.

Dis aardse besittings, gee hulle toe, maar dit het sentimentele waarde. “Bertie was besig om aan sy tweede album te werk,” vertel Tanja. Al sy nuwe musiek was op sy skootrekenaar en eksterne hardeskyf geberg.

Talle persoonlike foto’s van hom en sy dogter het ook in die slag gebly. “Ons wil dit bitter graag terughê,” sê Arie. “Ons wil dit vir onsself en vir sy dogter bêre as herinnering.”

Die familie is oorbluf dat dit enigsins nodig is om ’n pleidooi te lewer dat hul oorlede seun se besittings terugbesorg word. “Ek bedoel, hoe steel ’n mens by ’n mens wat nou net dood is in ’n ongeluk?” vra Arie.

Sy seun se spesiale armbandjie wat hy in Mosambiek gekoop het en waarop Leanè se naam gegraveer is, is ook weg. Sy beursie met sowat R8 000 daarin ook.

Arie hoop ’n ooggetuie kom na vore. “Dalk kan die mens ons meer vertel,” hoop hy. “Dalk kan hierdie iemand die besittings help terugkry.” Tanja sê ’n klag van diefstal is by die polisie aanhangig gemaak, maar dit word nog ondersoek. “Ons wag nog op nuwe inligting.”
Hierdie is die laaste foto waarop Bertie en sy dogtertjie saam verskyn. Foto: Verskaf

’n Maand ná Bertie dood het sy familie sy Facebook-blad in ’n gedenkmuur ter viering van sy lewe omskep. Vriende, kennisse en familie kan boodskappe van medelye daarop skryf.

Op die laaste foto van Bertie en baba Leanè lag die donkerkoppie luidrugtig vir haar pappa terwyl hy haar optel.

“Ons weet jy is nou op ’n beter plek as ons,” skryf sy ma, Elize. “Maar ons sou so graag wou hê jy moet Leanè al die goeie dinge van die lewe leer. Maar al is jy nou in die hemel, my seun, sal jy voortleef.”
http://huisgenoot.com/nuus/plaaslik/familie-verpletter-na-ongeluk-afrikaanse-sanger-eis-en-sy-besittings-van-toneel-verdwyn/

#StopWhiteGenocideInSA