(Jwplayer)

April 22, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner farmer (69) was shot by black attackers on his Warmbaths farm

#StopWhiteGenocideInSA


Boer (69) op sy plaas buite Bela-Bela geskiet

Die Bela-Bela-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en roof nadat Frik Buitendag (69) op Saterdag, 16 April, op sy plaas naby die Palm Plaza-vulstasie buite Bela-Bela geskiet is.

Volgens inligting van die polisie het Buitendag se vrou hom skielik buite hul huis hoor skree dat sy hul vuurwapen moet gaan haal. ’n Geweerskoot het op daardie oomblik buite die huis afgegaan.

’n Gewonde Buitendag het toe vir haar geskree om die veiligheidsdeur te sluit.

Nadat sy hul vuurwapen en ’n sambok gaan haal het, het sy binne die huis by die deur gaan staan en probeer kyk waar haar man is.

Volgens die polisie het ’n vreemde man, wat groen werksklere aangehad het, om die hoek van die huis op haar afgekom. Sy het haar wapen op hom gerig waarna die verdagte op die vlug geslaan het.

Nadat dit stil geword het, het sy na haar man geroep en hy het bebloed by die deur opgedaag.

Talle lede van die plaaslike buurtwagte, asook die polisie, is na die toneel ontbied maar die verdagte was skoonveld. Dit is tans onduidelik hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was.

In die polisieverklaring word gesê dat Buitendag se selfoon tydens die voorval gesteel is.

Volgens Martie Jonker van Lifemed-ambulansdienste wat op die toneel was, is Buitendag in sy regter bo-arm geskiet en die koeël het sy borskas getref. Hy is na die St Vincent’s-hospitaal op Bela-Bela vir behandeling geneem en is later na ’n hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Kol. Abel Phetla, speurtakhoof op die dorp, het gesê niemand is nog aangekeer nie,  maar die polisie is besig om alle leidrade op te volg om die verdagte vas te trek.

’n Familielid van Buitendag, wat verkies om anoniem te bly, het aan Die Pos gesê hy sterk tans in Pretoria aan en is na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas. Die man wou nie die hospitaal se naam of ander inligting bekendmaak nie om die familie se privaatheid te beskerm.

Hy het wel gesê dat operasies om die koeël te verwyder, suksesvol was en dat Buitendag baie goed herstel en weer normaal met almal praat.

Die polisieondersoek duur voort.
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36524/2016-04-22/boer-69-op-sy-plaas-buite-bela-bela-geskiet

#StopWhiteGenocideInSA