(Jwplayer)

April 14, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Parys: Hawks accused of assault on farm workers, forced the workers to make false statements against white farmer


Swartes opgesweep by die verskyning van die wit boere
Dit blyk dat die Valke swart plaaswerkers glo aangerand het sodat hulle valse verklarings teen hul wit werkgewers maak.
Die twee plaaswerkers het intussen ‘n klagte van aanranding teen lede van die Valke by ’n polisiekantoor in Klerksdorp aanhangig gemaak, en die dossiere is aan die Buffelshoek-polisiekantoor in Noordwes oorhandig.
Die polisie se onafhanklike klagtedirektoraat ondersoek tans twee lede van die Valke wat die dood van twee plaasaanvallers ondersoek het.
Die Valke het hulle glo aangerand en gedwing om te sê hul werkgewers was aandadig aan die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.
Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie dood nadat hulle ‘n bejaarde boer by Parys, Loedie van der Westhuizen aangeval het.
Daar word beweer dat die swart plaasaanvallers deur wit boere aangerand is en verskeie wit boere is reeds aangekla weens die voorval.
Van der Westhuizen is na die plaasaanval deur boere in die gemeenskap bygestaan wat die aanvallers uiteindelik vasgetrek het en aan die polisie oorhandig het. Die twee is daarna dood.
Boeta van der Westhuizen het glo te hore gekom van die Valke se aanranding van sy werkers om hulle te dwing om valse verklarings af te lê, en die Valke se bevelvoerder geskakel oor die insident.
Van der Westhuizen is die volgende dag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van intimidasie en kon eers ná 27 dae in aanhouding borg kry.
http://praag.co.za/?p=37695
#StopWhiteGenocideInSA