(Jwplayer)

April 13, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Police involved in Bothaville farm attack threatened to burn child on a hot stove & to shoot the women



Vrystaat Landbou (VL) het hom sterk uitgespreek oor die beweerde betrokkenheid van polisiebeamptes by ‘n aanval op drie vroue en twee jong kinders op ‘n plaas by Bothaville.
Voorsitter van dié organisasie se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, sê dit is onmoontlik vir boere om hulself te beskerm teen aanvalle van dié aard.
Dit kom nadat vier mans, wat hulself voorgedoen het as polisiebeamptes, verlede Vrydag kort na 19:00 op die plaas, Oorwin, aangekom het. Hulle het glo aan die plaaseienaar,‘n ouerige vrou, en haar familielede, gesê hulle wil die huis vir dwelms deursoek.
Volgens die polisie se Stephen Thakeng het die plaaseienaar haar honde elders gaan toemaak sodat die mans toegang tot die huis kon verkry. Daarna het die aanvallers aangedring op geld en die vroue met ‘n vuurwapen gedreig. Hulle het ook gedreig om een van die jong kinders op ‘n warm stoofplaat te brand as daar nie aan hul eise voldoen word nie. Esterhuyse sê die voorval is ‘n groot bron van kommer.
Die feit dat drie weerlose vroue en kinders onder valse voorwendsels met onaanvaarbare driegemente aangehou is, laat opnuut die vraag ontstaan, hoe weerlose gemeenskappe hulself kan beskerm.
Een van die vier rowers is dieselfde aand by Orkney, ná plaaslike boere onraad vermoed het, deur die polisie in hegtenis geneem. Thakeng het bevestig dat ‘n vyfde man sedert gister vir ondervraging aangehou word. Volgens VL is dié man glo werksaam op die plaas. Thakeng sê die polisieondersoek is in ‘n sensitiewe stadium. Hy wou nie bevestig of polisiebeamptes betrokke was by die rooftog nie.
‘n Vuurwapen, ‘n ondbekende bedrag geld en drie selfone is in die rooftog gebuit. Die 26-jarige Paballo Molaudi van Klerksdorp het gister in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van gewapende roof en dat hy hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het, verskyn. ‘n Polisie-glimbaadjie, R2 800 en twee selfone, wat vermoedelik gesteel is, is in Molaudi se besit gevind. Hy sal na verwagting eerskomende Maandag aansoek om borgtog doen.
OFM-nuus verkies om weens veiligheidsredes nie die slagoffers se name bekend te maak nie. Die slagoffers het nie ernstige beserings opgedoen nie, maar is steeds erg getraumatiseerd.
http://praag.co.za/?p=37670
#StopWhiteGenocideInSA