(Jwplayer)

May 14, 2016

ANOTHER #FarmMurder: 77-year-old farmer was shot & killed on his farm near Paulpietersburg in KwaZulu Natal

The farmer, his wife and two of their children were attacked by 6 black attackers at about 19:00 on their farm in the Luneburg area...NOTHING WAS STOLEN. The terrorists are still at large!
ʼn 77-jarige  boer is  op sy plaas naby Paulpietersburg in KwaZulu Natal  vermoor. Maj.  Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het bevestig  Frieder  Johannes Filter  (77)  is  Vrydagaand vermoor. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Eugene van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Paulpietersburg-tak, het aan Maroela Media gesê Filter,  sy  vrou  en twee van hul kinders is omstreeks 19:00 op hul plaas in die Luneburgomgewing oorval. “Dit  is  nog nie heeltemal duidelik  presies  wat gebeur het nie, maar die verdagtes het glo in ʼn stadium vir  Filter  vasgehou  en agteruit met hom uit die huis geloop. Toe hulle by die deur uit is, het ʼn skoot afgegaan en hy is in die kop getref.” Volgens Van Aswegen is Filter op die toneel dood. “Daar was glo twee verdagtes in die huis, maar ons verneem daar kan tot ses aanvallers gewees het. Dit wil voorkom of die aanvallers geskrik het toe  daar so baie mense in die huis was aangesien die Filter-egpaar se kinders van Duitsland daar gekuier  het.  Die  kinders het glo sowat 20 minute voor die moord eers by die huis aangekom.” Dit  is  nie  duidelik  of  enigiets  tydens  die  voorval  gesteel  is  nie.  Volgens  Van  Aswegen is daar na afloop  van die moord na die verdagtes gesoek maar sonder sukses. “Die polisie volg tans leidrade op.” Maj.  Magududela het gesê daar was vermoedelik ses verdagtes en dat nog ʼn persoon buite die plaas  geskiet  en  ernstig  beseer is.  Dit  is  egter  nie  duidelik  of  die  persoon  ʼn familielid  is  of  iemand wat net verby die plaas beweeg het nie.

http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bejaarde-boer-op-kzn-plaas-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA