(Jwplayer)

May 8, 2016

ANOTHER #MURDER? Bouncer shot dead outside Pretoria nightclub

The 37 year-old deceased was shot in the chest outside Menlyn Square nightclub.
#StopWhiteGenocideInSA

Skaars 'n aand ná die opening van 'n nuwe nagklub in die ooste van Pretoria is 'n uitsmyter daar doodgeskiet.


Die klub in Menlyn Square, Pretoria, wat voorheen as Ty's bekend gestaan ​​het, het in die verlede ook probleme met partytjiegangers ondervind.

Volgens bronne het Ty's toegemaak en is daar die afgelope twee weke aan die nuwe klub gebou en gewerskaf.

Vrydagaand was die amptelike opening van die Thundr-nagklub.

'N Groep van ongeveer sewe vriende vanaf Durban het daar kom kuier, sê kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder.

"Daar was mans en vroue in die groep. Dit wil voorkom asof iemand in die groep moeilikheid binne-in die klub gemaak het, "sê hy.

Die uitsmyters moes ingryp en het die groep uit die klub verwyder.

"Buite het iemand van die groep 'n vuurwapen uitgehaal en een van die uitsmyters geskiet.Die 37-jarige oorledene is in die bolyf getref. "

'N 19-jarige partytjieganger word deur die polisie ondervra.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911-nooddienste, sê hulle was Sondagoggend om 00:06 op die toneel.

"Volgens inligting wat ons daar gekry het, was daar 'n onderonsie in die klub.

"Die uitsmyter het tussenbeide getree en is in die bors geskiet. Met paramedici se aankoms het die gewonde man op die grond gelê met 'n lewensgevaarlike wond.

"Hy is op die toneel oorlede," sê Botha.

* Van die vorige voorvalle by dié klub: Shane Boruchowitz is op 24 September verlede jaar aan kopbeserings dood ná 'n onderonsie buite die nagklub Ty's.

In Desember 2014 word Arielle Bourbon deur 'n vroulike partytjieganger buite Ty's aangerand.

Nelly Dean is in Augustus 2010 deur 'n vrou met hoëhakskoen aangeval by dié klub.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/uitsmyter-doodgeskiet-na-onderonsie-by-pta-nagklub-20160508

#StopWhiteGenocideInSA