(Jwplayer)

May 10, 2016

ANOTHER #MURDER? Culpable Homicide: WATCH: Afrikaner farmer dies in crash after a getaway vehicle was driving away from police into oncoming traffic

Farmer dies 2 days after his daughter's birth...

Deon van der Merwe (41) and his wife Heleen

Die wrak van die Polo op die N1-noord. Foto: Advance Paramedic Assist

This car was driving on the wrong side of the highway, in the wrong direction, into oncoming traffic


The farmer's bakkie
#StopWhiteGenocideInSA

ʼn Boer van Brits is Sondag in die vroeë oggendure dood nadat ʼn motor,  wat aan die verkeerde kant van die pad gery het, teen sy bakkie  gebots het. Deon van der Merwe (41) was van Pretoria op pad terug plaas toe nadat hy by sy vrou, Heleen, in die hospitaal gekuier het. Sy het twee dae vantevore geboorte geskenk aan hul babadogtertjie, Nica. 

Riaan  Bester,  ʼn baie goeie vriend van Deon, het aan Maroela Media gesê die pa van drie was baie opgewonde oor die koms van die nuwe pienkvoet. “Hy het nog Saterdagoggend vir my foto’s gestuur  van Divan (8) en Monya (5), hul ander twee kinders, wat vir baba Nica vashou. Hy was baie opgewonde oor Nica se geboorte.” Volgens Bester het Deon kort voor middernag teruggery van die hospitaal af nadat hy Heleen en Nica besoek het. Deon het op die N1 Noord gery, toe ʼn bestuurder in ʼn VW Polo skielik van voor af teen  die vloei  van die verkeer gery en teen ʼn hoë spoed reg van voor teen Deon se bakkie gebots het. 

“Die  bestuurder van die Polo was op die N1 in die rigting van Limpopo op pad toe hy vermoedelik die polisie gesien het wat altyd  daar  langs  die  pad sit.  Hy het vinnig omgedraai en teruggejaag  teen  die verkeer in. Dalk was hy onder die invloed van alkohol of die motor was gesteel.  Ek  weet nie waarom hy omgedraai het nie, maar hy het Deon se bakkie reg van voor getref,” het hy gesê.


Die bestuurder van die Polo is op slag dood. Deon is per ambulans na die Montana-hospitaal gehaas,  waar hy ongeveer ʼn uur later aan sy beserings beswyk het. “Toe [Deon se] ouers by die hospitaal  opdaag,  was hy reeds dood aan die veelvuldige beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het,” het Bester gesê. 

Hy het gesê hy sal Deon altyd onthou vir die positiewe manier waarop hy die lewe aangepak het. “Hy was ʼn sakeman en moes al deur baie stresvolle tye gaan in sy lewe, maar hy het dit altyd met ʼn glimlag  en  ʼn positiewe uitkyk gedoen. Hy was altyd so opgeruimd en het nooit kwaad in iemand anders gesien nie.  Hy het absoluut geleef vir sy vrou en kinders.” 

ʼn Gedenkdiens vir Deon sal Vrydag in die NG Kerk Wes-Moot gehou word. ‘n  Ooggetuie het die video geneem oomblikke voor die motor teen Deon se bakkie gebots het:
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-boer-sterf-2-dae-na-dogter-se-geboorte/


ALSO READ:
Many Afrikaner "whites" are being run down and killed in public by so-called hit and run drivers.
censorbugbear-reports.blogspot.com › w...
whites attacked in faked accidents ... In South Africa people areoften forced to stop to fix flat tyres ... Many Afrikaner "whites" are being run down and killed in public by ... her scooter was run over by a 'hit-and-run taxi driver
https://stopwhitegenocideinsa.wordpress.com › ...
SAPS reportsshow 221,273 (31.91 per day) cases of culpable homicide in the 18 years up to ...
https://stopwhitegenocideinsa.wordpress.com › ...
On average 44 people a day are murdered in South Africa. This compares with 1.5 .... Culpable Homicide. We're all aware of this ... http://www.censorbugbear. org/farmitracker/reports ...

#StopWhiteGenocideInSA