(Jwplayer)

May 14, 2016

#FarmAttack on Afrikaner, Celeste Combrink and her brother Kobus farm thwarted by the effective communication network of farmers in the Dullstroom area

Boere in en om Dullstroom fnuik ’n plaasaanval

’n Moontlike plaasaanval in Mpumalanga is gefnuik deur die doeltreffende kommunikasienetwerk van boere in die Dullstroom-omgewing.

Vier verdagtes in ’n swart VW Polo het eergister omstreeks 19:00 by die huis van Celeste Combrink en haar broer Kobus op die Elandskloof-forelplaas naby Dullstroom opgedaag.

Volgens Celeste het die aanvallers by die huis ingekom, maar geskrik toe hulle sien sy is nie alleen nie.

“Hulle is met ’n spoed uit die huis uit voordat hulle iets kon steel of iemand beseer.”

Nadat die verdagtes gevlug het, het Celeste boere in die omgewing in kennis gestel en alle toegangspaaie in die gebied is binne minute afgesper. Die verdagte motor kon egter nêrens opgespoor word nie.

Henry Geldenhuys, ’n boer van die Carolina/Ermelo-omgewing, sê boere en plaasbewoners moet deesdae uiters bedag daarop wees om nie slagoffers van misdaad te word nie. “Om ’n doeltreffende kommunikasiestelsel goed te benut, soos in die Combrinks se geval, het baie voordele.”
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/boere-in-en-om-dullstroom-fnuik-n-plaasaanval-20160512

#StopWhiteGenocideInSA